Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 March 202028 March 2020

Daniel Hugo. Oor digters en rymelaars, woordvaardiges en stamelaars

 

 

 

Ek word soms deur uitgewers gevra om hoopvolle digters se pogings te beoordeel met die oog op publikasie in boekvorm. Dit is mense wat meestal reeds op die sosiale media gepubliseer het en juigend deur familie en vriende aangemoedig word met uitroepe soos “Hartswoorde!” en “Jy kan toor met woorde!”.

Facebook is die grootste demokrasie op aarde, waar elkeen ’n eie en ’n vrye sê het. En as ’n ander se opinie jou nie aanstaan nie, kan jy hom of haar ontvriend of vir ewig blokkeer. Dit is meer as ’n demokrasie, dit is ’n staat waarin jy jou eie wette soewerein kan toepas.

Dit is onvermydelik dat my opvattings oor die digkuns my oordeel oor ander se skryfwerk sal beïnvloed. Ek glo dat ’n gedig klankryk moet wees en ’n sekere samehangende struktuur moet hê. Elke gedig het sy eie logika, ’n eie argument wat eerder beeldend as betogend gevoer moet word. Verder moet ’n digter daartoe in staat wees om afstand te kan neem van sy opborrelende emosies. Die Poolse digter Czesław Miłosz (1911-2004) het gesê: “Liriese digters het altyd yskoue harte.” Die warm trane van hartseer en ellende moet in die vers stol tot gladde, glinsterende pêrels, het die sewentiende-eeuse Nederlandse digter P.C. Hooft beweer en briljant in sy gedigte gedemonstreer.

Om rou gevoelens en ervarings tot ’n estetiese produk om te vorm, vereis vakmanskap. En onderrig in die poësie-ambag is gratis beskikbaar by duisende digtende voorgangers en tydgenote in al die tale van die wêreld. Hoe wyer jy lees, hoe groter is die kans dat jy die digtegnieke onder die knie sal kry en – paradoksaal genoeg – ’n eie stemgeluid sal ontwikkel in die oorweldigende roesemoes van stemme uit die verlede en die hede

Ondanks die onbeperkte publikasiemoontlikhede wat die internet bied, is ’n professionele boekuitgawe nog steeds die lewensideaal van talle kuberdigters. Daardie papierproduk met sy tasbaarheid, ruikbaarheid en ritselende hoorbaarheid as jy daarin blaai, bly ’n gesogte reliek. Dit is nie iets wat slegs bestaan by die wispelturige grasie van elektriese krag nie. ’n Boek kan sy wonders ook by maanlig en by kerslig prysgee. Dit benodig geen leesapparaat nie, buiten ’n leesbril vir die bysiendes.

’n Boek is natuurlik ook die  enigste manier om in die hoofstroom van die letterkunde opgeneem te word. Maar om in daardie stroom te beland, verg ’n langdurige en soms pynlike proses. Dis nie sommer net vir van die wal af inplons nie. Sonder hekwagters soos uitgewers, keurders, redakteurs, proeflesers, resensente, bloemlesers en literatuurhistorici is daar geen kans om gekanoniseer te word nie. Want in die literêre wêreld staan die beste stuurman inderdaad aan wal. Ongelukkig verstaan die duisende sosialemedia-digters dit nie. Hulle verwag dieselfde demokratiese en anargistiese vryhede in die gevestigde literatuursisteem as waaraan hulle gewoond is op digitale platforms. Die kunste is per definisie ’n elitistiese aangeleentheid.

My taak as uitgewerskeurder is om te onderskei tussen die ware digters en die rymelaars, die woordvaardiges en die stamelaars. Ongelukkig moet ek meermale optree as die verwoester van ideale. Die ambisie is meestal groter as die talent.  Dit is net enkeles wat wel in die literêre domein opgeneem sal word. Die letterkunde is ’n outydse koninkryk met sy eie adelstand wat hier en daar ‘n hofnar en ’n towenaar duld. Maar dit is beslis nie ’n sosialistiese welsynstaat nie.

 

Hierdie rubriek het in die week van 17-23 Maart in “Die Burger” verskyn. Met dank aan Media24

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← N.P. van Wyk Louw 50. Daniel Hugo
Daniel Hugo. Haar woordpaljas laat ons steier →

1e kommentaar op “Daniel Hugo. Oor digters en rymelaars, woordvaardiges en stamelaars”

  1. Jacobus Swart says:
    29 March 2020 at 07:50

    n Nugter, insiggewende artikel.Ek is een van daardie
    woordtjommelaars in die kuberruimte. Dankie, Daniel,
    dat jy dit by ons inskerp dat die digter bewus sal
    wees van sy geslagslyn, dat hy asem trek as deel van
    n groter matriks. Om n gedig te skryf is dus nie om
    soet of sout vir n tuisnywerheid te bak nie, dis werk wat gepaardgaan met verantwoordelikheid.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d