Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 April 2020

Matthias Claudius (1740 – 1815). Vertaling in Afrikaans

 

 

 

Matthias Claudius. Vertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Robert Schall

 

 

Der Tod und das Mädchen

 

Das Mädchen

Vorüber! Ach, vorüber!

Geh wilder Knochenmann!

Ich bin noch jung, geh lieber!

Und rühre mich nicht an.

 

Der Tod

Gib deine Hand, Du schön und zart Gebild!

Bin Freund, und komme nicht, zu strafen.

Sey gutes Muths! ich bin nicht wild,

Sollst sanft in meinen Armen schlafen!

 

 

 

Die Dood en die Meisie

 

Die Meisie

Verby! Verby! Gaan verder!

Loop, kwaai gebeenteman!

Ek is nog jonk, gaan eerder!

En raak my tog nie aan.

 

Die Dood

Gee my jou hand, gestalte teer en fraai!

Ek kom as vriend, nie om te skaad.

Hou goeie moed! Ek is nie kwaai,

en jy gaan sag in my arms slaap!

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Wolfgang von Goethe (1749 – 1830). Vertaling in Afrikaans
Koos du Plessis. Vertaling in Duits →

3e gedagtes oor “Matthias Claudius (1740 – 1815). Vertaling in Afrikaans”

  1. Marlies Taljard says:
    14 April 2020 at 14:44

    Robert, ek dink dalk “boos” in die sin van “boosaardig” – “wild” (wanneer dit met die Dood verband hou) het tog iets vreesaanjaend in hom. Vir my het die Dtse, “wild” ook iets dierliks (wat vrees inboesem, soos vir ‘n wilde dier). Ja, “woes & wreed” is eintlik die regte vertaling!! “Kwaai” het (dink ek) meer die betekenis van “onvriendelik”, soos ‘n kwaai onderwyser … iets of iemand wat jou nie noodwendig leed sal aandoen nie. Maar die rym bepaal die woord (soos Daniel se gedig van gister aandui!) En “Kwaai” sluit perfek aan by die klank van jou vertaling.
    Interessant die reël “geh lieber” en “geh, Lieber”. Albei is natuurlik binne konteks gepas: eersgenoemde (“geh lieber” = “gaan liewer”) is ‘n swakker stelling en ek kan glo dat die digter die 2e (dramatiese) frase (“geh, Lieber” = “gaan, liewe [man]) verkies, want daarin spreek die meisie die Dood direk en baie respekvol aan in die Imperativ (bevelsvorm), wat hier natuurlik ‘n hoflike versoek is. Waarom Dieskau die 1e moontlikheid kies … dalk omdat dit makliker sing as een frase en mens nie apart hoef te fraseer nie??

    Reply
  2. Robert Schall says:
    14 April 2020 at 13:07

    Dankie, Marlies! Ek vind dit interessant dat Fischer-Dieskau die derde reël blykbaar so sing soos dit hierbo staan, naamlik “geh lieber” (“gaan eerder”), nie “geh, Lieber” (“gaan, Beste” of “gaan, Liefste”) nie. Ten minste kan ek die komma nie hoor nie. By die eerste publikasie van die gedig in Claudius se tye was dit “geh lieber”, latere uitgawes “geh, Lieber”.

    Jou kommentaar oor die vertaling van die Duitse “wild” laat my na die woordeboeke terugskarrel. Ek dink hier is veral die Duden (https://www.duden.de/rechtschreibung/wild) se betekenisse 5a “heftig, stürmisch; ungestüm, ungezügelt” en 5b “wütend, rasend, tobend; erregt” van toepassing. Dus is “kwaai” miskien nie so ʼn slegte keuse nie. ʼn Goeie Engelse vertaling is waarskynlik “fierce”; in Afrikaans dan “woes, wild, wreed” of “fel”? En dan ook “kwaai” soos dit van diere gesê word: ʼn kwaai leeu of ʼn kwaai bul. Nie “boos” nie, dink ek.

    Reply
  3. Marlies Taljard says:
    14 April 2020 at 11:35

    Robert, hierdie is een van my gunstelinggedigte en kundig vertaal. Ek sou graag die woord “wild” (“wilder Knochenmann” en”ich bin nicht wild”) met ‘n kragtiger woord as “kwaai” wou vertaal, iets soos “boos” miskien, hoewel ek besef dat dit klankmatige probleme (o.a. met die rym) sou oplewer.
    Die onderstaande skakel lei na ‘n opname van Dietrich Fischer-Dieskau se weergawe van die Schubert-toonsetting van Claudius se gedig.

    https://www.youtube.com/watch?v=UfcZyIVxMrE

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d