Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 May 2020

Anne-Ghrett Erasmus. Die retoriek van ‘n stoel: (wingback/vlerkstoel)

 

(vir Louis Neethling)

 

stoel : meubelstuk vir een persoon om op te sit –

vasstaande stelsel

stoel (w) ; spruit, ranke gee : uitgroei

 

Op twintig het stoel waarde gekry :

Definisie, gewigtigheid, vierpotig, vastig:

Wat die sittende omvou en omvorm

 

Voorheen slegs –

Babastoel, stootkarretjie, karstoel,

ook foto op die Victoriaansestoel in die voorhuis.

Later, leunstoel, luistoel,

regop-aan-tafel-eetstoel.

 

Toe op twintig, tref die werklike waarde van

Stoel (s.nw)

 

Waardig, in ‘n tuin op die grasperk,

Met ligte wat saamswem met ligspieëlings in die swembad.

Dit was nie ‘n hierjy stoel nie,

Dit was een van formaat:

‘n Wingback in fluweel oorgetrek,

‘n gróótmenéér wat toesig hou oor die lawn,

die liggies, die maan, die sterre, die groentjie liefde,

in die tuin

van Albertstraat

in Waterkloof

in Pretoria.

 

Avalon het die klank van lig oor die lawn gespeel.

 

Ja, moet nooit ‘n stoel onderskat nie.

Sy waarde dra gewig.

 

Terloops,

Vlerkstoele word nooit Rockers nie,

ook nie wiegstoele nie.

 

© Anne-Ghrett Erasmus, 2020

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d