Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 May 20205 May 2020

Susan Smith. as ‘n swerfvalk teen ‘n ruit vasvlieg

 

 

 

 

Un ange tombe

Un ange bombe

 

 

kyk hoe stil lê hy nou

hy, aan vlug

en hoogtes gewoond

 

aan kantel en duik en opwaarts

die son kloof

 

wind roer die borswering

van veertjies asof

daar nog lewe is

 

die wind sê kniel

die harde slag sê kyk

ek kniel en kyk

 

die gestreepte vlerkspan strek ek

groter as my hand

 

ondersoek die geel kloue

vir oulaas saamgetrek

soos vir ’n roof

 

die vlekkie bloed

uit een oog se hoek

’n rooi bloeisel op die stoep

 

die borskas beeldhouwerk

nog warm onder my palm

 

ek hou aan streel

asof my hande iewers

’n hartklop sou roer

 

asof hierdie

nie sy sterfuur is nie

 

my oë steel

die gevoude liggaam

’n onversadigde blik wat áánhou

 

Ínkyk op die dood

 

om die dood te vergeet

is om afstande

aan die ánder kant

af te meet

 

die hart is ’n veer

die wind laat dit vlieg

 

© Susan Smith, 2020

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Susan Smith. vergifnis
Susan Smith. Onderwater →

7e gedagtes oor “Susan Smith. as ‘n swerfvalk teen ‘n ruit vasvlieg”

  1. Susan Smith says:
    8 May 2020 at 14:41

    Dankie Thomas.

    Reply
  2. Thomas Deacon says:
    7 May 2020 at 22:03

    Niemand mag verby hierdie wonderlikheid lees nie .

    Reply
  3. Susan Smith says:
    7 May 2020 at 20:26

    Dankie, Hanlie. Ek waardeer jou woorde.

    Reply
  4. Hanlie Gericke says:
    6 May 2020 at 21:17

    Susan, n mens wil dit weer en weer lees
    Dit raak aan my hart. Pragtig.

    Reply
  5. Susan Smith says:
    6 May 2020 at 12:44

    Baie dankie vir die positiewe kommentaar, Nico en Juan-Pierre. Dit word opreg waardeer.

    Reply
  6. Juan-Pierre says:
    5 May 2020 at 12:40

    Ek staan stil hier…
    Lees en lees…!!!

    Reply
  7. Nico says:
    5 May 2020 at 12:26

    Die gedig dwing mens tot stilte. Goed gedoen.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d