ONDERWATER
Stroke by
stroke my
body remembers that life and cries for
the lost parts of itself. – Mary Oliver
jy voel jou arms krimp haal na haal
jou vingers met swemvliese geweb
vaartbelynde vinstrale word
jou vel blinkgeskub en gladder
sikloïed om jou vou
jou oë al groter oper onder water
jou bene in ’n silwer streepspier
saamgegroei
jy voel die water trek en stoot
deur gevoude filamente
en lamelle van jou kieue vloei
jy swem jou self
onverbysterd tegemoet
© Susan Smith Uit: Die aarde is ‘n eierbou ark (2016, Protea Boekhuis).
Illustrasie: Susan Smith
Hierdie is ‘n wondervers.