Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 May 20205 May 2020

Susan Smith. vergifnis

 

 

 

vra die aarde

om genade

vra die grond

vra die water

die visse die vlermuise

se vinnige hartklop

om te bedaar

 

vra die klein voëltjies

op stokkies geryg

dat hul skerp skeletbeentjies

jou keel nie sny nie

 

vra die skaam miervreter

dat sy gemaalde

pantser jou tong nie brand nie

die skerpioen jou nie steek

die sivetkat se koffie

nie gif in jou keel trek nie

 

jy dra die merk van die gestekelde

kroon op jou voorkop

oor jou neus en mond

’n skanddoek van skuld

 

almal wat niemense is

sien jou van ver aankom

raak wild van angs

voor die vuiste van jou woorde

jy, die regter die slagter die god

 

die gras en die bome praat ’n uitgestorwe taal

elke woord is dood en verpak

in ’n mausoleum van gedagtes

 

die aarde het jou verlaat

jou lewe tussen geboue

in motors en winkels en restaurante

nou vergete voetstappe in die land van plae

 

jou adres is deur bome omsingel

die hek gegrendel

 

hierdie uur se naam is Oneindig

hierdie nag Ongenadig

jy Onbenullig, Onbeskermling

jy, wat jouself Bo-al wou noem

 

hierdie plek van glans

en sy stralende inwonendes

sal jou nie weer insluit nie

 

want die son het sy geel swaard

soos ’n engel oor jou laat val

 

 

© Susan Smith, 2020

 

Foto: https://www.theguardian.com/environment/gallery/2009/may/15/china-animalwelfare-cat

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Susan Smith. as ‘n swerfvalk teen ‘n ruit vasvlieg →

6e gedagtes oor “Susan Smith. vergifnis”

  1. Susan Smith says:
    6 May 2020 at 12:45

    Marko! Baie dankie!

    Reply
  2. Marko says:
    5 May 2020 at 21:39

    Beeld-skoon! Dankie vir die deel, Susan.

    Reply
  3. Marlies Taljard says:
    5 May 2020 at 13:13

    Susan, die aanmerking waarna Daniel verwys, is ontoepaslik en ek het dit verwyder.

    Reply
  4. Susan Smith says:
    5 May 2020 at 11:52

    Dankie Marlise en Daniel. Daniel, ek verstaan die eerste deel van jou kommentaar nie. Was daar ‘n opmerking wat nou nie meer hier is nie?

    Reply
  5. Marlise says:
    5 May 2020 at 09:54

    Die gedig het my aangegryp, Susan! Dankie vir die deel.

    Reply
  6. Daniel Hugo says:
    5 May 2020 at 09:48

    Miskien moet “Ja swaer” eers leer lees voor hy kommentaar lewer.

    Treffende gedig, Susan!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d