Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 May 20207 May 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Johan Myburg

 

 

 

Narreskip

 

Dalk omdat ek ink het en ʼn vel oop papier

skryf ek op wat gebeur, hou ek as onverkose

skriba boek van dié tog, van wat ek dínk gebeur

aan boord van dié skuit sonder bevare matrose

of kaptein. Boggel gekeer op die spul passasiers

aan ’t slampamper, blog ek van die agterstewe,

gʼn duit begaan oor waarheid óf oor bog, óf oor

die log en donker, bot verdriet van hierdie lewe.

 

© Johan Myburg, 2020

 

Met “Die hart op die fees” (Gestaltes en diere) in gedagte

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← N.P. van Wyk Louw 50. Die beiteltjie (Voorlesing deur N.P. van Wyk Louw)
N.P. van Wyk Louw 50. Lynthia Julius. →

12e gedagtes oor “N.P. van Wyk Louw 50. Johan Myburg”

  1. Zandra Bezuidenhout says:
    22 May 2020 at 00:04

    Wat ‘n wonderlike erkenning, Johan. Petje af!

    Reply
  2. Breyten Breytenbach says:
    21 May 2020 at 14:30

    ‘n Lieflike vers, Johan Myburgh. Mens sal daarmee kan oorlewe. (Ek hoop van harte so.)

    En besonder baie gluk met die Hertzogprys vir poësie. Dis verblydend dat die streng dissipline en die diepgaande kennis van ander kulture, waaruit ons so baie kan leer en wat so treffend deur u oopgemaak en aangebied word, die nodige erkenning kry van die Akademie. Maar veral dat u werk – wat duidelik ook ‘n askese is – na meriete en waarde erken word.

    Bon vent!

    Reply
  3. Daniel Hugo says:
    20 May 2020 at 14:33

    Baie geluk, De Waal, met die Akademie se vertaalprys!

    Reply
  4. De Waal Venter says:
    20 May 2020 at 13:40

    Besonder Baie geluk, Johan. Dis ‘n voortreflike prestasie!

    Reply
  5. Daniel Hugo says:
    20 May 2020 at 13:11

    Johan, baie geluk met die Hertzogprys!

    Reply
  6. Pieta Porter says:
    14 May 2020 at 15:13

    https://en.m.wikipedia.org/wiki/Ship_of_Fools_(satire)
    en oor die “narreskip”-tema, nie te vergete, Donker Middeleeuse Sebastian Brant, en sy “Narreschiff” (met Durer-buitebladvertaal en later Hieronymus Bosch met dieselfde tema: ‘n skedel loer uit die boom-mas) in Engels deur William Barclay…
    http://www.gutenberg.org/files/20179/20179-h/20179-h.htm

    ‘n tydgenoot van Barclay maak hierdie opmerking oor misere in indertydse Engeland:

    Ciuis.—This is the ship of fooles, wherin saileth bothe spirituall and temporall, of euery callyng some: there are kynges, queenes, popes, archbishoppes, prelates, lordes, ladies, knightes, gentlemen, phisicions, lawiers, marchauntes, housbandemen, beggers, theeues, hores, knaues, &c. This ship wanteth a good pilot: the storme, the rocke, and the wrecke at hande, all will come to naught in this hulke for want of good gouernement.

    Reply
  7. Jacobus Swart says:
    13 May 2020 at 16:19

    Michael Dunn as Karl Glocken, profeties, onvergeetlik.

    Reply
  8. René Bohnen says:
    13 May 2020 at 15:45

    Voltreffer, Johan! Ek herlees nou al drie dae lank, ook omdat die titel bietjie verslawend is.

    Reply
  9. Susan Smith says:
    12 May 2020 at 12:05

    Johan, jy is ‘n meester!

    Reply
  10. Johan Myburg says:
    11 May 2020 at 17:01

    Dankie, Daniel en Zandra, vir julle welkome kommentaar!

    Reply
  11. Zandra Bezuidenhout says:
    11 May 2020 at 00:03

    Knap gedaan, Johan! Met titel en al

    Reply
  12. Daniel Hugo says:
    9 May 2020 at 08:22

    ‘n Aktuele gedig met virtuose ryme!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d