N.P. van Wyk Louw 50. Johan Myburg
Narreskip
Dalk omdat ek ink het en ʼn vel oop papier
skryf ek op wat gebeur, hou ek as onverkose
skriba boek van dié tog, van wat ek dínk gebeur
aan boord van dié skuit sonder bevare matrose
of kaptein. Boggel gekeer op die spul passasiers
aan ’t slampamper, blog ek van die agterstewe,
gʼn duit begaan oor waarheid óf oor bog, óf oor
die log en donker, bot verdriet van hierdie lewe.
© Johan Myburg, 2020
Met “Die hart op die fees” (Gestaltes en diere) in gedagte
‘n Aktuele gedig met virtuose ryme!
Knap gedaan, Johan! Met titel en al
Dankie, Daniel en Zandra, vir julle welkome kommentaar!
Johan, jy is ‘n meester!
Voltreffer, Johan! Ek herlees nou al drie dae lank, ook omdat die titel bietjie verslawend is.
Michael Dunn as Karl Glocken, profeties, onvergeetlik.
https://en.m.wikipedia.org/wiki/Ship_of_Fools_(satire)
en oor die “narreskip”-tema, nie te vergete, Donker Middeleeuse Sebastian Brant, en sy “Narreschiff” (met Durer-buitebladvertaal en later Hieronymus Bosch met dieselfde tema: ‘n skedel loer uit die boom-mas) in Engels deur William Barclay…
http://www.gutenberg.org/files/20179/20179-h/20179-h.htm
‘n tydgenoot van Barclay maak hierdie opmerking oor misere in indertydse Engeland:
Ciuis.—This is the ship of fooles, wherin saileth bothe spirituall and temporall, of euery callyng some: there are kynges, queenes, popes, archbishoppes, prelates, lordes, ladies, knightes, gentlemen, phisicions, lawiers, marchauntes, housbandemen, beggers, theeues, hores, knaues, &c. This ship wanteth a good pilot: the storme, the rocke, and the wrecke at hande, all will come to naught in this hulke for want of good gouernement.
Johan, baie geluk met die Hertzogprys!
Besonder Baie geluk, Johan. Dis ‘n voortreflike prestasie!
Baie geluk, De Waal, met die Akademie se vertaalprys!
‘n Lieflike vers, Johan Myburgh. Mens sal daarmee kan oorlewe. (Ek hoop van harte so.)
En besonder baie gluk met die Hertzogprys vir poësie. Dis verblydend dat die streng dissipline en die diepgaande kennis van ander kulture, waaruit ons so baie kan leer en wat so treffend deur u oopgemaak en aangebied word, die nodige erkenning kry van die Akademie. Maar veral dat u werk – wat duidelik ook ‘n askese is – na meriete en waarde erken word.
Bon vent!
Wat ‘n wonderlike erkenning, Johan. Petje af!