Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 July 20206 July 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Louis Esterhuizen

 

Veel liefliker is dit

(In die spore van NP Van Wyk Louw se “Groot ode”)

 

Laat daar dan dinge wees

wat die mens nie begryp nie, dinge

waaraan hy hom sal wil meet,

 

maar geen berekening vind nie.

Laat daar spieëls wees. En raaisels,

laat hom verward staan

 

voor die wydgevlerkte geduld

van ’n voël in die voue van die wind,

want wat ontbreek, kan nie

 

getel word nie. Laat daarom

die weg van ’n man by ’n vrou

sonder rede wees,

 

want wat baat dit hom –

’n ete van droë brood is immers

beter as maaltye in ’n huis

 

van twis. Ja, wat baat liefde

wanneer daar dinge is wat hy nie

begryp nie, dinge

 

wat afgemete lê in skale

van afskeid en berou: ook dit

kan nie getel word nie,

 

want teen skemertyd

loop hy manhaftig dog droef

en wil dat alles aan sy aard

 

gelyk wees: getuies vir mekaar,

inderdaad, met niemand om namens

húlle te getuig wanneer

 

 

die boom in die agtertuin

sy vrugte swel en sonder huiwering

grond toe stuur nie.

 

Laat daar dan dinge bestaan

wat die mens nie begryp nie, dinge

soos die skramse spel

 

van hande, die fluisterstem

van begeerte, want ja, ook dít vergaan

sonder rede. En vergifnis, los maar

 

vir hom tussen die flenters

van sy refleksie hierdie oomblik,

so sonder vraag

 

of verwyt, en noem dit vreugde

terwyl die drif nog bestaan

vir die mens om ironies te wil leef

 

en die liefde steeds

te behou.

 

 (Uit: Sloper. 2007: Protea Boekhuis)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digterlike gesprekke met Louw – ‘n bronnelys en uitnodiging
N.P. van Wyk Louw 50. Ronel de Goede →

4e gedagtes oor “N.P. van Wyk Louw 50. Louis Esterhuizen”

  1. John McDowell says:
    10 July 2020 at 20:44

    silwerdriet…

    Reply
  2. Breyten Breytenbach says:
    9 July 2020 at 14:50

    Beste Lewies – as ek nou stuitig mag wees: daardie “luister na die stiltes te vinde in glas”, tensy jy nou ‘n besonder fyn oor ontwikkel het vir die glasblaser se asem waar dit nog beweeg in weerkaatsing, oorval mens tog met ‘n byna Skandinawiese droefheid by gedagte aan die leë glas. Veral wanneer dit teen die lig gehou word. Dit word glo ‘stilverdriet’ genoem.

    aan elke kelk
    al is die lippe ook verwelk
    glinster nog die skyn
    van ‘n mondjievol synpyn:
    die wyn se geheue aan druif

    Reply
  3. Louis Esterhuizen says:
    8 July 2020 at 20:30

    Dankie vir die kompliment, Charl-Pierre. Uiteraard ook aan Marlies Taljard vir die plasing. Waarmee ek my besig hou? Meestal luister ek maar na die stiltes wat te vinde is in glas.

    Reply
  4. CP Naude says:
    6 July 2020 at 16:55

    Louis, dis ‘n allemintige vers.Ek sal graag wil sien waarmee jy jou tans bedig hou. Hierdie, en Waldimar se vertaling, is van Versindaba se beste oomblikke.Hierdie maak my middag.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d