Digterlike gesprekke met Louw – ‘n bronnelys en uitnodiging

 

DIGTERLIKE GESPREKKE MET LOUW – ’N BRONNELYS EN UITNODIGING

Die vyftigste herdenking van NP van Wyk Louw se sterfjaar het reeds vir groot belangstelling gesorg. By Versindaba is die projekspan van NP Van Wyk Louw 50 in ons skik dat soveel digters die uitnodiging aanvaar het om met Louw en sy werk in gesprek te tree. Soos Charl-Pierre Naudé in ’n kommentaar opmerk, is dit ’n merkwaardige oes verse. Tot op hede, ’n week na die hedenkingsdatum, is altesaam 24 nuwe gedigte reeds geplaas of goedgekeur vir plasing; plus nog die herdigting van eie vorige gedigte oor Louw en die besonderse vertalings van Louw se gedigte in Duits, Engels en Pools wat ons ook reeds hier kon deel. Dit is egter nog nie die einde van die pad nie en digters en vertalers is welkom om steeds gedigte voor te lê met die oog op opname in die reeks.

Intussen begin ons dink aan ’n volgende fase. Die werk wat prof Louise Viljoen rondom digterlike gesprekke met Van Wyk Louw gedoen het, is welbekend. Die resultate van haar navorsing het sy oorspronklik in 2007 aangebied as die Unversiteit van Johannesburg se jaarlikse NP van Wyk Louw-gedenklesing. Daarná is die lesing onder meer in Tydskrif vir Geesteswetenskappe (2008, 48:3) gepubliseer onder die titel “Digterlike gesprekke met Van Wyk Louw” en het dit met vergunning ook op Versindaba verskyn (https://versindaba.co.za/2011/08/18/louise-viljoen-digterlike-gesprekke-met-np-van-wyk-louw/ ).

Soos Louise verduidelik, is die gedigte wat die basis van die navorsing gevorm het oorspronklik bymekaar gemaak in die proses van haar en Ronel Foster se saamstel van die Poskaarte-bloemlesing en het dit hoofsaaklik bundels wat oorspronklik in die tydperk 1960 tot 1997 verskyn het, betrek. Meer as eenhonderd gedigte is saam met Ronel geïdentifiseer. Intussen is die lys van tyd tot tyd aangevul, onder meer met die gedigte wat vanjaar op Versindaba en in die spesiale uitgawe van Tydskrif vir Geesteswetenskappe (2020, 60:2) verskyn. Die samestellers is egter bewus daarvan dat die lys nie volledig is nie. Daarom die ope uitnodiging aan digters en entoesiastiese lesers van gedigte om ons asseblief te help om die hiate in die lys wat hierby verskyn in te vul. Die formaat waarin die inligting aan ons gestuur kan word, is: DIGTER WAT IN GESPREK TREE. GESPREKGEDIG EN BLADSY VAN DIE BUNDEL WAARIN DIE GEDIG VERSKYN. VERWYSINGSBESONDERHEDE VAN DIE BUNDEL WAARIN DIE GESPREK- OF HULDIGINGSGEDIG VERSKYN. DIE VAN WYK LOUW-GEDIG(TE) OF ANDER WERK WAAROP INGESPEEL WORD. DIE VWL-BUNDEL/WERK WAARIN DIE OORSPRONKLIKE GEDIG VERSKYN HET. In die geval van algemene huldigings- of kommentaargedigte is net die besonderhede van die digter-en-gedig-in-gesprek nodig.

Intussen lewer die nog-onvolledige lys reeds interessante wetenswaardighede, moontlike gesprekspunte en verdere ondersoekmoontlikhede op:

So byvoorbeeld is dit veral Louw se latere bundels wat tot die meeste digterlike gesprekke aanleiding gegee het: met Tristia (in 46 gedigte) die bundel wat die meeste reaksies gestimuleer het, gevolg deur Nuwe verse (25). Daarná: Gestaltes en diere (14) en Die halwe kring (13).

Die gedigte van Louw wat tot dusver die meeste reaksie onder digters uitgelok het, is: “Ignatius bid vir sy orde” (10), “Karoodorp: someraand” (8), “Vier gebede by jaargetye in die Boland” (8), “Ballade vir die bose” (7), “Die beiteltjie” (6) en “Ars poetica” (6).

Onder die digters is dit Joan Hambidge wat deurlopend openlik met Louw in gesprek tree – in 18 gedigte tot dusver. Sy word gevolg deur Daniel Hugo (10 ), Breyten Breytenbach (7), Johann de Lange (7) en Louis Esterhuizen (7).

Vanjaar (2020) is ongetwyfeld die jaar met die hoogste konsentrasie gedigte oor, na aanleiding van en in gesprek met Louw, met 30 geplaasde/gepubliseerde gedigte tot dusver, gevolg deur 1985 (8) en 1970-1971, Louw se sterfjaar en die jaar daaropvolgend, (8).

Ronél Johl

Julie 2020

 

Ons nooi lesers uit om enige van die onderstaande gedigte te nomineer vir plasing op Versindaba, indien moontlik met die teks en korrekte bronverwysing aangeheg. Stuur versoeke aan taljard.marlies@gmail.com

 

NUWE INLIGTING ONTVANG

Die volgende gedigte is bygevoeg by die lys hier onder (dankie o.m. aan Louise Viljoen, Bernard Odendaal en  Daniel Hugo):

Blum, Peter. “Die klok in die newel” (64). In: Enklaves van die lig. (Balkema 1958).

Hugo, Daniel. “Tantalus” (51). In: openbare domein (Naledi 2018). Bron: “Groot ode”. Tristia (1962).

Krige, Uys. “Die digter as denker” (57) In: Vooraand (Perskor, 1964/1983). ‘n Bondige hekeling met “ons digter-denker”, sonder om Van Wyk Louw spesifiek te identifiseer.

Marais, Danie. “Met vrese soos met verse”. (Op Versindaba: https://versindaba.co.za/2020/06/26/n-p-van-wyk-louw-50-danie-marais/). Bron: Raka (1941).

Marais, Johann Lodewyk. “Renosterkewer” (42). In: Insektarium en ander gedigte (Imprimatur, 2018). Bron: “Die narwal”. Tristia (1962).

Olivier, Fanie. “ná vyftig jaar”. (Op Versindaba: https://versindaba.co.za/2020/07/03/n-p-van-wyk-louw-50-fanie-olivier/). Bron: Verskeie gedigte.

Opperman, D.J. “Vele woninge” (11). In: Edms. Bpk. (Human & Rousseau, 1970). ‘n Algemene huldigingsvers, opgedra “Aan Van Wyk Louw”.

Ullyatt, Gisela. “jy’t weggegaan” (46). In: die waarheid oor duiwe (Protea Boekhuis 2020). Bron: “Jy’t weggegaan”. Tristia (1962).

 

TITELVERWYSINGS NA VAN WYK LOUW

Hennie Aucamp: Dalk gaan niks verlore nie en ander tekste (Tafelbeg 1992).

Johann de Lange: Wordende naak (Haum-Literêr 1990).

Robert Dorsman en Adriaan van Dis (reds.): O wye en droewe land: honderd-en-een gedichten uit de Afrikaanse poëzie (Meulenhoff 1998).

Marié Heese: Die uurwerk kantel (Tafelberg 1976).

Daniel Hugo en Etienne van Heerden (reds.): Miskien sal ek die wingerd prys: ryme en gedigte oor drank (Tafelberg 1989).

Koos Kombuis: Raka, die roman (Human & Rousseau 2005)

Antjie Krog en Johann de Lange (samestellers): Die dye trek die dye aan. Verse oor lyflike liefde (Human & Rousseau 1998)

Johann Lodewyk Marais: Die somer is ‘n dag oud (Human & Rousseau, 1983).

Johann Lodewyk Marais en Ad Zuiderent (samestellers): Ons klein en silwerige planeet. Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing (J.L. van Schaik 1997)

 

 

DIGTERS A-D

 

Aucamp, Hennie. “Prins Raka ruk en rol” (31). In: Die lewe is ‘n grenshotel (Tafelberg 1977). Bron: Raka (1941).

Aucamp, Hennie. “Stad op hitte” (42). In: Hittegolf (Tafelberg 2002). Bron: “Ballade van die bose”. Gestaltes en diere (1942).

Barnard, Benno. “Origin Stellenbosch”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/02/21/np-van-wyk-louw-50-benno-barnard/).

Bekker, Pirow. “Die klip sing” (1). In: Die klip sing (Nasionale Boekhandel 1965). Bron: “Die beiteltjie”. Nuwe verse (1954).

Bekker, Pirow. “Taalmausoleum” (95). In: Van roes en amarant (Protea Boekhuis 2008). Bron: “Klipwerk”. Nuwe verse (1954).

Bekker, Pirow. “Verbeelde antwoord van Galileo Galilei – afgelei uit briewe aan hom deur die oudste van sy twee buite-egtelike dogters Virginia en Livia van die klooster San Matteo in Arcentri”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/02/07/n-p-van-wyk-louw-50-pirow-bekker/). Bron: Tristia (1962).

Bezuidenhout, Zandra. “Apollo in sy laboratorium” (51). In: Aardling (Protea 2006). Bron: “Skepper” / “Voorspel 1950”. Tristia (1962).

Blum, Peter. “Die klok in die newel” (64). In: Enklaves van die lig. (Balkema 1958).

Bohnen, René . “Onvas”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/03/27/n-p-van-wyk-louw-50-rene-bohnen/).

Botha, Fourie. “Die koms” (20). In: Krap uit die see (Protea Boekhuis 2017). Bron: Raka (1941) en “Die strandjutwolf”, Gestaltes en diere (1942).

Bouwer, Stephan. “Winter” (29). In: Portrette, private dele & kanttekeninge (Human & Rousseau 1980). Bron: “Vier gebede by jaargetye in die Boland: Winter”. Die halwe kring (1937).

Bouwer, Stephan. “Beeld van ‘n jeug: ram en rammetjie” (59). In: So sal ons uitpasseer (Voortrekkerpers 1969). Bron: “Beeld van ’n jeug, duif en perd”. Nuwe verse (1954).

Breytenbach, Breyten. “Breyten bid vir homself” (14-15). In: Die yterkoei moet sweet (APB 1964). Bron: “Ignatius bid vir sy orde” (“Dat pyn bestaan”). Nuwe verse (1954).

Breytenbach, Breyten. “1.3” (13-14). In: Lotus (Buren 1970). Bron: “Ballade van die bose”. Gestaltes en diere (1942).

Breytenbach, Breyten. “2.11 (La neige d’antan)” (77-79). In: Lewendood die eerste bundel van die ongedanste dans (Taurus 1985). Bron: “Gesprek van die dooie siele”. Alleenspraak (1935).

Breytenbach, Breyten. “3.10 (Instrukteur)” (129). In: Lewendood die eerste bundel van die ongedanste dans (Taurus 1985). Bron: “Vier gebede by jaargetye in die Boland: Eerste sneeu”. Die halwe kring (1937).

Breytenbach, Breyten. “4.7 (1159-1201)” (164-5). In: Lewendood die eerste bundel van die ongedanste dans (Taurus 1985). Bron: “Ballade van die bose”. Gestaltes en diere (1942).

Breytenbach, Breyten. “somerwind” (27). In: Nege landskappe van ons tye bemaak aan ‘n beminde (Hond/Ithaca 1993). Bron: “Gesprek van die dooie siele”. Alleenspraak (1935).

Breytenbach, Breyten. “bruin reisbrief”. In: Die handvol vere (Human & Rousseau 1995). Bron: “H. Petrus”. Tristia (1962).

Breytenbach, Breyten. “Woordvlam”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/06/18/n-p-van-wyk-louw-50-breyten-breytenbach/).

Cilliers, Rika. “aan julle: vermeende dokters, psigiaters” (69). In: o. a. debora (Tafelberg 1977). Bron: “Ex unguine leonem” / “Ars Poetica”. Tristia (1962).

Cilliers, Rika. “rivierdiep verkil” (99). In: o. a. debora (Tafelberg 1977). Bron: “Groot ode”. Tristia (1962).

Cussons, Sheila. “Reëls vir ’n laat wintermiddag”. In: Die swart kombuis (Tafelberg 1978). Bron: “Jy’t weggegaan”. Tristia (1962).

Cussons, Sheila. “Bedekte naak”. In: Die swart kombuis (Tafelberg 1978). Bron: “Wordende naakt”. Versamelde gedigte (1980).

Cussons, Sheila. “Slaaplose nag”. In: Membraan (Tafelberg 1984). Bron: “Cartesiaan”. Tristia (1962).

Deacon,Thomas. “karoodorp: somersdag”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/01/31/van-wyk-louw-50-thomas-deacon/). Bron: “Karoodorp: someraand”. Tristia (1962).

De Lange, Johann. “Laatherfs” (30). In: Snel grys fantoom (Human & Rousseau 1986). Bron: “Vier gebede by jaargetye in die Boland: Vroegherfs”. Die halwe kring (1937).

De Lange, Johann. “Piromaan” (9). In: Snel grys fantoom (Human & Rousseau 1986). Bron: “Piromaan”. Tristia (1962).

De Lange, Johann. “Wordende naak” (1-3). Wordende naak (HAUM-Literêr 1990). Bron: “Wordende naakt”. Versamelde gedigte (1980).

De Lange, Johann. “Palinodes” (48). In: Die algebra van nood (Human & Rousseau 2009). Bron: “Nog eenmaal wil ek in die skemeraand”. Nuwe verse (1954).

De Lange, Johann. “Palinodes” (48). In: Die algebra van nood (Human & Rousseau 2009). Bron: “Voorspel 1950”. Tristia (1962).

De Lange, Johann. “Teen die berghang” (43). In: Die algebra van nood (Human & Rousseau 2009). Bron: “Karoodorp: someraand”. Tristia (1962).

De Lange, Johann. “Uit die welgevormde” (44). In: Die algebra van nood (Human & Rousseau 2009). Bron: “Ars Poetica”. Tristia (1962).

De Lange, Johann. “Watter van die Clifton-gode?” (17). In: Stil punt van die aarde (Human & Rousseau 2014). Bron: “Clifton”. Nuwe verse (1954).

Du Plessis, Hans. “Tweespraak”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/04/17/n-p-van-wyk-louw-50-hans-du-plessis/).

Du Plooy, Heilna. “Ná-gepraat”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/04/10/n-p-van-wyk-louw-50-heilna-du-plooy/). Bron: “Jy ’t weggegaan en jy bewoon”. Tristia (1962).

DIGTERS E-K

Esterhuizen, Louis. “Seisoen van die oë” (12). In: Stilstuipe (Human & Rousseau 1986). Bron: “Vier gebede by jaargetye in die Boland: Vroegherfs”. Die halwe kring (1937).

Esterhuizen, Louis. “Germanicus antwoord” (51). In: Op die oog af (Human & Rousseau 1988). Bron: Germanicus (1956).

Esterhuizen, Louis. “Sluipskutter” (57). In: Op die oog af (Human & Rousseau 1988). Bron: Germanicus (1956).

Esterhuizen, Louis. “Diereriem” (96). In: Onderwaterweg (Human & Rousseau 1996). Bron: “Die swart luiperd”. Gestaltes en diere (1942).

Esterhuizen, Louis. “Veel liefliker is dit” (91-2). In: Sloper (Protea Boekhuis 2007). Bron: “Die wind in die baai”. Tristia (1962).

Esterhuizen, Louis. “dat iemand van groter faam” (23). In: Wat die water onthou (Protea Boekhuis 2010). Bron: “Groot ode”. Tristia (1962).

Esterhuizen, Louis. “Twee herbesoeke, ʼn ander eeu: 1. Germanicus; 2. Raka-ka-ka”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/06/12/n-p-van-wyk-louw-50-louis-esterhuizen/). Bron: Germanicus (1941) en Raka (1956).

Gruwez, Luuk. “Kleiner wonen”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/05/01/n-p-van-wyk-louw-50-luuk-gruwez/). Bron: “Karoodorp: someraand”. Tristia (1962).

Gouws, Tom. “1 onsuiwer wiskunde” (29). In: Troglodiet (Human & Rousseau 1995). Bron: “Suiwer wiskunde”. Nuwe verse (1954).

Gouws, Tom. “graafuil 1” (45-6). In: Syspoor (Human & Rousseau 2002). Bron: “Ballade van die bose”. Gestaltes en diere (1942).

Gouws, Tom. “sensuur” (47). In: Syspoor (Human & Rousseau 2002). Bron: “Ballade van die bose”. Gestaltes en diere (1942).

Hambidge, Joan. “Nog net een maal” (9). In: Hartskrif (Human & Rousseau 1985). Bron: “Nog eenmaal wil ek in die skemeraand”. Nuwe verse (1954).

Hambidge, Joan. “Hommage á Van Wyk Louw” (11). In: Hartskrif (Human & Rousseau 1985).

Hambidge, Joan. “Andy Warhol” (21). In: Hartskrif (Human & Rousseau 1985). Bron: “Ars Poetica”. Tristia (1962).

Hambidge, Joan. “Die wêreld is ons woning nie” (52). In: Gesteelde appels (HAUM-Literêr 1989).

Hambidge, Joan. “Vroegherfs” (26). In: Die somber muse (Jutalit 1990). Bron: “Vier gebede by jaargetye in die Boland: Vroegherfs”. Die halwe kring (1937).

Hambidge, Joan. “Andy Warhol op uitstalling” (37). In: Tachycardia (Jutalit 1990). Bron: “Ars Poetica”. Tristia (1962).

Hambidge, Joan. “Variasie: VWL” (91). In: Ewebeeld (Perskor 1997). Bron: “Leer af”. Tristia (1962).

Hambidge, Joan. “Vrou in frokkie” (24). In: Ewebeeld (Perskor 1997). Bron: “Man in frokkie”. Tristia (1962).

Hambidge, Joan. “Inteendeel II” (94). In: Ewebeeld (Perskor 1997). Bron: “Jy’t weggegaan”. Tristia (1962).

Hambidge, Joan. “Skryfode II” (69). In: En skielik is dit aand (Protea 2005). Bron: “Ars Poetica”. Tristia (1962).

Hambidge, Joan. “N. P. van Wyk Louw (1906 – 1970)” (27-31). In: Lykdigte (Protea 2000).

Hambidge, Joan. “Ignatia bid om orde”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/06/05/n-p-van-wyk-louw-50-joan-hambidge/). Bron: “Ignatius bid vir sy orde”. Nuwe verse (1954).

Hambidge, Joan. DRIE VERSE VIR NP VAN WYK LOUW: “Ignatius bid vir sy orde – ’n palinode”, “Vroegherfs – ’n parodie”, “Ars poetica – ’n pastiche”. (In Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(2): 478-479). Bron: “Ignatius bid vir sy orde”, “Vroegherfs”, “Ars poetica”. Nuwe verse (1954), Halwe kring (1937), Tristia (1962)

Hambidge, Joan. “Die kruiwawiel se skreeugeluid”. (In: Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(2): 480).

Hambidge, Joan. “NP van Wyk Louw 06 Januarie 2014”. (In: Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(2): 481). Bron: “X”. Tristia (1962).

Hambidge, Joan. “Hierdie is nie ’n liefdesvers nie – ’n Soort palinode …”. (In: Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(2): 482). Bron: “X”. Tristia (1962).

Hambidge, Joan. “Cartesiaan”. (In Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(2): 482). Bron: “Cartesiaan”. Tristia (1962).

Hammond, E.W.S. “Gone with the wind” (25). In: Doodsteek van ‘n diabeet (Tafelberg 1995). Bron: “Ars Poetica”. Tristia (1962).

Hill, George A. “Kom vannag in my drome” (84). In: Müller, Petra en De Jager, Nèlleke – Nuwe stemme 2 (Tafelberg 2001). Bron: “Kom vannag in my drome”, Alleenspraak (1935).

Hugo, Daniel. “Die hart op die fees” (26). In: Die boek Daniel (Human & Rousseau 1986). Bron: “Die hart op die fees”. Gestaltes en diere (1942).

Hugo, Daniel. “Die hart op die fees” (26). In: Die boek Daniel (Human & Rousseau 1986). Bron: “Ars Poetica”. Tristia (1962).

Hugo, Daniel. “Naglied” (28). In: Verse van die ongeloof (HAUM-Literêr 1989). Bron: “My oë tas die wêreld af”. Nuwe verse (1954).

Hugo, Daniel. “Dat pyn bestaan” (10). In: Verse van die ongeloof (HAUM-Literêr 1989). Bron: “Ignatius bid vir sy orde” (“Dat pyn bestaan”). Nuwe verse (1954).

Hugo, Daniel. “Teëspraak” (11). In: Verse van die ongeloof (HAUM-Literêr 1989). Bron: “Ignatius bid vir sy orde” (“Dat pyn bestaan”). Nuwe verse (1954).

Hugo, Daniel. “Klipwerk” (65). In: Skeurkalender (1998) Tafelberg. Bron: “Klipwerk”. Nuwe verse (1954).

Hugo, Daniel. “Boekehuis, Calvinia / Sutherland”. In: Skeurkalender (1998) Tafelberg. Bron: “Beeld van ’n jeug, duif en perd”. Nuwe verse (1954).

Hugo, Daniel. “Dat pyn bestaan, is nodig” (24). In: Die twaalfde letter (Protea Boekhuis 2002). Bron: “Ignatius bid vir sy orde” (“Dat pyn bestaan”). Nuwe verse (1954).

Hugo, Daniel. “Suising” (74). In: Openbare domein (Naledi 2018). Bron: “H. Petrus”. Tristia (1962).

Hugo, Daniel. “Tantalus” (51). In: openbare domein (Naledi 2018). Bron: “Groot ode”. Tristia (1962).

Hugo, Daniel. “Vir VWL”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/01/24/n-p-van-wyk-louw-50-daniel-hugo/).

Hugo, Pieter. “My Beaufort-Wes 1: Vir NPvWL” (12). In: Alchemie van my muse (Naledi 2019). Bron: “Karoodorp: someraand”. Tristia (1962).

Jensma, Wopko. “Noudat dit te laat is” (58). In: Where white is the colour where black is the number (Ravan Press 1974). Bron: Die pluimsaad waai ver (1972).

Julius, Lynthia. “Namakwalanddorp: someraand”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/05/22/n-p-van-wyk-louw-50-lynthia-julius/). Bron: “Karoodorp: someraand”. Tristia (1962).

Kennedy, Hunter. “Heiden Heiland”. In: Marais, Danie en De Goede, Ronel (samestellers), Nuwe stemme 4 (Tafelberg 2010). Bron: “Jy was ’n kind”. Die halwe kring (1937).

Koch, Jerzy . “die vis in die hemel”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/05/29/n-p-van-wyk-louw-50-jerzy-koch/ ).

Krige, Uys. “Die digter as denker” (57) In: Vooraand (Perskor, 1964/1983). ‘n Bondige hekeling met “ons digter-denker”, sonder om Van Wyk Louw spesifiek te identifiseer.

Krog, Antjie. “skryf-ode” (66-74). In: Kleur kom nooit alleen nie (Kwela Boeke 2000). Bron: “Groot ode”. Tristia (1962).

Krog, Antjie. “ONTMOETING TUSSEN LADY ANNE BARNARD AND SAMUEL JOHNSON”. (Op Versindaba: https://versindaba.co.za/2020/06/11/n-p-van-wyk-louw-50-antjie-krog/).

DIGTERS L-W

Laurie, Trienke. “Gentlemen en fair play?” (27-9). In: Ek sien ‘n rooi bul storm (Tafelberg 1999). Bron: “Hongarye 1956”. Tristia (1962).

Letoit, André. “brise marine” (24). In: Suburbia (Perskor 1981). Bron: “Die beiteltjie”. Nuwe verse (1954).

Letoit, André. “Ballade van die bose tikster” (48-49). In: Die geel kafee (Perskor 1985). Bron: “Ballade van die bose”. Gestaltes en diere (1942).

Liebenberg, N. A. “In memoriam (N. P. van Wyk Louw)” (48). In: Die eerste gety (Tafelberg 1971).

Louw, WEG. “Naggesprek”. In: Naggesprek en ander gedigte (1972).

Marais, Danie. “Met vrese soos met verse”. (Op Versindaba: https://versindaba.co.za/2020/06/26/n-p-van-wyk-louw-50-danie-marais/). Bron: Raka (1941).

Marais, Johan Lodewyk. “Geboorte van die digter” (25). In: Plaaslike kennis (Protea 2004). Bron: “Beeld van ’n jeug, duif en perd”. Nuwe verse (1954).

Marais, Johann Lodewyk. “Platberg se water” (7). In: Plaaslike kennis (Protea Boekhuis 2004). Bron: “Nog eenmaal wil ek in die skemeraand”. Nuwe verse (1954).

Marais, Johann Lodewyk. “Renosterkewer” (42). In: Insektarium en ander gedigte (Imprimatur, 2018). Bron: “Die narwal”. Tristia (1962).

Marais, Loftus. “Die digter as rockstar” (40). In: Staan in die algemeen nader aan vensters (Tafelberg 2008). Bron: “Die beiteltjie”. Nuwe verse (1954).

Marais, Loftus. “Vertelling” (82-3). In: Kry my by die gewone plek aguur (Tafelberg 2012). Bron: “Clifton”. Nuwe Verse (1954).

Müller, Petra. “Gedierte” (13). In: Swerfgesange vir Susan en ander (Tafelberg 1997). Bron: “Die strandjutwolf”. Gestaltes en diere (1942).

Myburg, Johan. “Narreskip”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/05/08/n-p-van-wyk-louw-50-johan-myburg/). Bron: “Die hart op die fees”. Gestaltes en diere (1942).

Naudé, Charl-Pierre. “Charl-Pierre bid vir God” (17). In: Die nomadiese oomblik (Tafelberg 1995). Bron: “Ignatius bid vir sy orde” (“Dat pyn bestaan”). Nuwe verse (1954).

Naudé, Charl-Pierre . “Die probleem met Parys”. (Op Versindaba:  https://versindaba.co.za/2020/05/15/n-p-van-wyk-louw-50-charl-pierre-naude/). Bron: “Mei-fees in Amsterdam”. Tristia (1962).

Nel, Gert Vlok. “die dag toe hulle vir donkie viviers” (38). In: Om te lewe is onnatuurlik (Tafelberg 1993). Bron: “Karoodorp: someraand”. Tristia (1962).

Nel, Ronel. “herfs met rilke louw en levi” (27). In: [en die here het foto’s geneem oor vanderbijlpark] (Protea Boekhuis 2002). Bron: “Vier gebede by jaargetye in die Boland: Vroegherfs”. Die halwe kring (1937).

Odendaal, Benard. “Valsbaai”. (Op Versindaba: https://versindaba.co.za/2020/03/13/n-p-van-wyk-louw-50-bernard-odendaal/). Bron: “Elegiese verse IX”. Tristia (1962).

Olivier, Fanie. “ná vyftig jaar”. (Op Versindaba: https://versindaba.co.za/2020/07/03/n-p-van-wyk-louw-50-fanie-olivier/). Bron: Verskeie gedigte.

Opperman, D.J. “N.P. van Wyk Louw I” en “N.P. van Wyk Louw II” uit “Met apologie” (300). Bladsyverwysing na Versamelde poësie. Verskyn oorspronklik in 1948 in Standpunte en word daarna opgeneem in: Wiggelstok (Tafelberg Uitgewers 1959, p. 84), Kuns-mis (1964) en Versamelde poësie (Human & Rousseau en Tafelberg 2015). Bron: N.P. van Wyk Louw se oeuvre.

Opperman, D.J. “Vele woninge” (11). In: Edms. Bpk. (Human & Rousseau, 1970). ‘n Algemene huldigingsvers, opgedra “Aan Van Wyk Louw”.

Plekker, Freda. “Hulde aan N.P. van Wyk Louw” (29). In: Menner (Perskor 1972).

Rall, Henk. “Ver, bruin plekke” (18). In: Reise (Human & Rousseau 1970). Bron: “Groet in bruin”. Tristia (1962).

Rasch, Gerhard. “Liefste” (130 -1). In: Krog, Antjie en Schaffer, Alfred (samestellers) – Nuwe stemme 3 (Tafelberg 2005). Bron: “Die beiteltjie”. Nuwe verse (1954).

Roodt, P.H. “hommage á van wyk louw 1964” (39). In: Foma 1963-1971 (Tafelberg 1972). Bron: “Groot ode”. Tristia (1962).

Roodt, P.H. “hulde aan van wyk louw 1970” (40). In: Foma 1963-1971 (Tafelberg 1972). Bron: “Ignatius bid vir sy orde” (“Dat pyn bestaan”). Nuwe verse (1954).

Rousseau, Ina. “Die era van Raka” (121). In: Kwiksilwersirkel (Human & Rousseau 1978). Bron: Raka (1941).

Scheepers, Riana. “Swartland: wintermiddag” (34). In: Met die taal van karmosyn (2001). Bron: “Karoodorp: someraand”. Tristia (1962).

Schmidt, Casper. “Bewerige ars poetica” (14). In: Nuwe en nagelate gedigte (Perskor 1980). Bron: “Tristia VIII” (“Ek sien nou skoon: die aarde is verspot”). Tristia (1962).

Schmidt, Casper. “Geskalle van onsterflikheid” (18-19). In: Nuwe en nagelate gedigte (Perskor 1980).

Small, Adam. “Klawerjas” (143-145). In: Klawerjas. Gedigte (Tafelberg, 2013). ‘n Algemene huldigingsvers, postuum opgedra aan N.P. van Wyk Louw as skrywer van “‘Die beiteltjie’.

Spies, Lina. “Volksmonument” (59-60). In: Digby Vergenoeg (Human & Rousseau 1971). Bron: “Ignatius bid vir sy orde” (“Dat pyn bestaan”). Nuwe verse (1954).

Spies, Lina. “Lewensoorsprong” (65-66). In: Digby Vergenoeg (Human & Rousseau 1971). Bron: “Vier gebede by jaargetye in die Boland: Eerste sneeu”. Die halwe kring (1937).

Spies, Lina. “By die dood van N.P. van Wyk Louw” (99-100). In: Digby Vergenoeg (Human & Rousseau 1971).

Stockenström, Wilma. “45 Kraak die aardbol” (56). In: Monsterverse (Human & Rousseau 1984. Bron: “Die beiteltjie”. Nuwe verse (1954).

Stockenström, Wilma. ““Installasie van skryf” (9); “Skeppend” (11)”. In: Spesmase (Human & Rousseau 1999). Bron: “Skepper I” / “Skepper II”. Tristia (1962).

Stone, Lou-Ann. “Karoo-dorp: herfsaand” (24). In: Marais, Danie en De Goede, Ronel (samestellers) – Nuwe stemme 4 (Tafelberg 2010). Bron: “Karoo-dorp”, Tristia (1962).

Strydom, Leon. “Hoe stil kan dit raak” (25). In: Geleentheidsverse (Human & Rousseau 1973). Bron: “Die wind in die baai”. Tristia (1962).

Swanepoel, Jan. “nuusberigte 2020”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/06/16/n-p-van-wyk-louw-50-jan-swanepoel/). Bron: “Nuusberigte: 1956”. Tristia (1962).

Toerien, Barend. “Johannes die digter” (40-1). In: 39 Gedigte (Nasionale Boekhandel 1963). Bron: “Hongarye 1956”. Tristia (1962).

Ullyatt, Gisela. “jy’t weggegaan” (46). In: die waarheid oor duiwe (Protea Boekhuis 2020). Bron: “Jy’t weggegaan”. Tristia (1962).

Van der Merwe, Prevot. “nog in my laaste woorde” (57). In: Boerejive (Human & Rousseau 1990). Bron: “Nog in my laaste woorde”. Die halwe kring (1937).

Van der Merwe, Willem S. “Iewers: someraand” (16). In: Son-dig (Perskor 1985). Bron: “Karoodorp: someraand”. Tristia (1962).

Van der Westhuizen, Vincent. “Dat jy vanaand nog êrens is” (58). In: Man sonder hande (APB-boekhandel 1960). Bron: “Ballade van die bose”. Gestaltes en diere (1942).

Van Heerden, Ernst. “Maker” (38). In: Anderkant besit (Nasionale Boekhandel 1966).

Van Lille, Etienne. “Eenheid van die gemeente” (12). In: Chemiese glimlagte (Contentlot 2001). Bron: “Opdrag”. Die halwe kring (1937).

Van Niekerk, Dolf. “naggesig” (12). In: Bleek planeet (Protea Boekhuis 2013). Bron: “Die beiteltjie”. Nuwe verse (1954).

Van Tonder, Niel. “droogte” (40). In: As hy weer kom (Human & Rousseau 1975). Bron: “Voorspel 1950”. Tristia (1962).

Van Tonder, Niel. “hongarye” (52-55). In: As hy weer kom (Human & Rousseau 1975). Bron: “Hongarye 1956”. Tristia (1962).

Van Wyk, Johan. “XVII vroegherfs” (32). In: Deur die oog van die luiperd (Human & Rousseau 1976). Bron: “Vier gebede by jaargetye in die Boland: Vroegherfs”. Die halwe kring (1937).

Van Wyk, Johan. “hieronymus bosch se koringwa” (7-8). In: Deur die oog van die luiperd (Human & Rousseau 1976). Bron: “Ignatius bid vir sy orde” (“Dat pyn bestaan”). Nuwe verse (1954).

Van Wyk, Johan. “XL” (69-70). In: Deur die oog van die luiperd (Human & Rousseau 1976). Bron: “Groot ode”. Tristia (1962).

Viljoen, Hein. “Koki bepeins sy swembad” (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2017/11/30/hein-viljoen-drie-gedigte/). Bron: Raka (1941).

Viljoen, Hein. “liewe leser, of: lèse-majesté”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/01/17/n-p-van-wyk-louw-50-hein-viljoen/).

Visser, Hewitt (vgl. Hinwoord, Bonaventure). “Hond van God” (14). In: Smeulvuur (Van Schaik 1981). Bron: “Die swart luiperd”. Gestaltes en diere (1942).

Vos, Cas. “Inferno”. (Op Versindaba https://versindaba.co.za/2020/04/03/n-p-van-wyk-louw-cas-vos/). Bron: “Inferno”. Nuwe verse (1954).

Weideman, George. “En die wildernis sal blom soos van ouds, ’n oorwinningslied” (32). In: Klein manifes van ‘n reisiger (Tafelberg 1970). Bron: “Nog in my laaste woorde” (ook “Vooraf gespeel” uit Gestaltes en diere). Die halwe kring (1937).

Weideman, George. “En die wildernis sal blom soos van ouds, ’n oorwinningslied” (32). In: Klein manifes van ‘n reisiger (Tafelberg 1970). Bron: “Vooraf gespeel” (ook “Nog in my laaste woorde” uit Die halwe kring). Gestaltes en diere (1942).

Bookmark and Share

20 Kommentare op “Digterlike gesprekke met Louw – ‘n bronnelys en uitnodiging”

  1. Marlies Taljard :

    My gunstelinggedig uit die lys is “Veel liefliker is dit” van Louis Esterhuizen. Dit is die voorlaaste gedig in sy bundel “Sloper”, p. 91-92, Protea Boekhuis, 2007.

  2. Miskien kan daar ook ‘n lys opgestel word van VWL-aanhaligs wat as boektitels gebruik is. Ek dink byvoorbeeld aan “Wordende naak” (Johann de Lange), “Die somer is ‘n dag oud” (Johann Lodewyk Marais), “Dalk gaan niks verlore nie” (Hennie Aucamp), “Die uurwerk kantel” (Marie Heese), “Ons klein en silwerige planeet” (reds.: Johann Lodewyk Marais en Ad Zuiderent), “Miskien sal ek die wingerd prys” (Reds.: Daniel Hugo en Etienne van Heerden), “O wye en droewe land (reds.” Robert Dorsman en Adriaan van Dis), ensovoorts.

  3. Yves T’Sjoen :

    Interessant voorstel, Daniel. Indrukwekkend bibliografisch lijstje. Er zou ook kunnen worden gekeken, vanuit transnationaal oogpunt, welke teksten van VWL in de Lage Landen kritische en creatieve respons hebben gekregen. Naast leerstoelbekleder in Amsterdam (1950-1958) is de dichter hier bekend, onder meer dankzij uitgeverij Van Oorschot. Naast E. Eybers en D.J. Opperman kreeg ook Louw een verzamelbundel in het fonds van Geert van Oorschot. Over Tone Brulins (Vlaamse) regie van ‘Germanicus’ (opgevoerd door de NTO in Pretoria, 1957) publiceerde ik op de sterfdag (18 juni) een bijdrage op LitNet. Het onderzoek naar VWL en de Lage Landen vertoont nog vele uitdagingen.

  4. Ronél Johl :

    Baie dankie vir die voorstelle, Daniel en Yves.
    Louise Viljoen en Ronel Foster het weliswaar so ‘n lys van titels wat op Louw se werk inspeel, opgestel; ons moet dit net plaas. Ons kyk weer en voeg waar nodig die nuwe inligting by.
    Yves, indien jy verder oor jou voorstel wil gesels, skryf asseblief vir ons. Dit klink na waardevolle inligting waaroor jy beskik.

  5. Yves T’Sjoen :

    Beste Ronél, dank voor je vriendelijk bericht. Het spijt me dat ik mijn bijdrage over VWL door Vlaamse ogen niet kon klaarmaken voor TvG. Eind dit jaar publiceer ik een uitvoerig artikel over Tone Brulins regie van ‘Germanicus’ en Wilma Stockenströms ‘Abjater wat so lag’. Ik zal je graag een kopie bezorgen. Ikzelf kijk uit naar de aflevering van TvG over VWL. Gefeliciteerd met de uitgave. In het archief Van Oorschot (Literatuurmuseum) onderneem ik deze zomer onderzoek (bloemlezing VWL).

  6. Zandra Bezuidenhout :

    Yves, Rob van der Veer het Abjater in Nederlands vertaal. Jy is seker bewus daarvan? Hier in SA weet mense nie altyd van Rob se deurlopende bydrae om Afr. literatuur in Ndl. bekend te stel nie, so ek noem dit maar in die verbygaan.

  7. Yves T’Sjoen :

    Veel dank voor de informatie, Zandra. De novelle is in de jaren negentig in het Nederlands vertaald en de op planken gebracht door Brulin (ZA en België). Ik kijk na wanneer de Nederlandse vertaling door Rob van der Veer is uitgegeven.

  8. Yves T’Sjoen :

    Zandra, Tone Brulin, de Vlaamse regisseur, heeft in 1995 ‘Abjater wat so lag’ zelf vertaald. De tekst is bewerkt voor toneel en opgevoerd tijdens het Standard Bank Nasionale Kunstefees (Grahamstad, 7, 8 en 9 juli 1995). Dit was een productie van de Koninklijke Nederlandse Schouwburg. Later is het theaterstuk in Antwerpen opgevoerd. Ik ben nieuwsgierig naar de vertalingen door Brulin respectievelijk Van der Veer (‘Abjater die zo lachte’, 2018). Veel dank voor de informatie, Zandra. Het is mij niet bekend of Brulins vertaling is uitgegeven.

  9. Zandra Bezuidenhout :

    Dankie, Yves, vir die uitruil van inligting van oor die waters en terug! Ek kan vir jou per persoonlike e-pos die Nederlandse titels van Rob se ander vertaalde Afrikaanse boeke aanstuur indien jy dit benodig.

  10. Ronél Johl :

    Baie dankie vir die gelukwensing met die spesiale Louw-uitgawe van Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Yves, ek stuur graag vir jou ‘n kopie. Daar is werklik opwindende bydraes. Lesers wat belangstel kan gerus gaan loer by http://tgwsak.co.za/wp-content/uploads/2020/06/TGW-60-2-JUNIE-2020.pdf.

  11. Helize van Vuuren :

    Seker een van die treffendste VERSTEEKTE in memoriams aan Wyk Louw is deur DJ Opperman in “Kantelkompas” (EDMS.BPK., 1970).
    Die gedig kan gelees word as ‘n driedubbele portret (die visser, die gestorwe digter en die skrywende digter se eie selfportret).

    Lees maar, ‘het staat daar…’ die skeepsname as verwysings na die vier vroue in Louw se lewe – Cussons as “Onse Vrou van die Mirakels” en die stranding op die “rif van ‘n stroomnaad”…

    Soveel nog onbegrepe, onontdek..soveel nog ont-“wyk”.

    Ongepubliseerd, dié reëls, uit die Tristia-manuskrip se laaste blaaie:

    Nou lê die papier óóp. Nee; nie vannag nie!
    Want elke vannag was so onwesenlik
    tot dusver, so onwesenlik v. wag
    op ‘n woord; só van buite aangestik
    op ‘n gedurige swye, om te lap
    aan wat anders sou óórloop v leegheid
    jy wat neuroties vlug, & afwéér, & káp,

    (in media res, so eindig dit, met onderaan dié reëls:
    “disdaai blêrie soetwyn”)

  12. Helize, dis weer ‘n kwessie van datums. “Kantelkompas” is sekerlik voor VWL se dood voltooi en word dieselfde jaar as sy oorlye in EDMS. BPK. gepubliseer. Doors se bootjie (“Bokkie”) het nie op ‘n “rif van ‘n stroomnaad” (waar staan dit?) gestrand nie. Sy bootjie is deur ‘n “blinde brander” omgedop. Die noordwes het wel ‘n “stroomnaad” gewaai (strofe 8). Na watter vier vroue verwys jy? Ek vind wel drie in die skeepsname: Bokkie = Truida, Joanna = Joan, en Nossa Senhora Dos Milagros = Cussons. Na wie verwys die Birkenhead dan? Die re”el “die Birkenhead, die vrouens op die bote” (strofe 5) is wel besonder interessant in hierdie verband.

  13. Breyten Breytenbach :

    Ai, dat vrouens nou so gekloof moet word…
    Of dan: Dat vhoudings soveel leed en ontleding besorg…

  14. Helize van Vuuren :

    Noem dit ‘n dan portret en als is wel oppad met Shell (‘n driedubbele portret: verdrinkte visser -Thys Vlooi het hy alom bekend gestaan in Franskraal onder ons wat hom geken het, selfportret v DJO – ‘n visioen van sy eie lot, en portret van sy digter-makker, mede-stryder Wyk, soos hy hom geken het deur dik en dun).

    Soek maar die “stroomnaad”, die “rif” en die “drif” – daar’s ook nog die “groen reeu” wat wag…Jy lees sleg….

  15. Helize, jy beantwoord nie my vraag nie. Wie is die vierde vrou? Verder praat jy in raaisels.

  16. helize van vuuren :

    Onsuiwer wiskunde, van my kant…Op die Birkenhead (Britse-troepeskip met versterkings en soldate vir die agste Grens-oorlog, wat gestrand het op 26 Februarie 1852). Van 643 siele het net 193 oorleef: soldate het die reddingsbootjies aan die 7 vroue en 13 kinders afgestaan. Rudyard Kipling het oor dié stranding ‘n vers gemaak:

    Ek praat in raaisels, want ek sien ‘n driedubbele portret wat ek nie lus is om uit te lê nie. Miskien yl ek? Wie sal weet. Die Wiskunde van Uitleg is ‘n verwikkelde saak, en dikwels geneig tot Inleg…

    Wel is dit so dat Van Wyk Louw geruime tyd ernstig siek was voor sy dood, en dat Opperman hom in 1968 besoek het waar hy aan ‘n suurstofapparaat gekoppel was weens sy harttoestand – Opperman was so “bewoë oor sy vriend se toestand (HvV: agterna) (…) onbedaarlik begin huil (het), iets wat ‘n aanduiding is van die sterk gevoel en liefde wat hy vir Van Wyk Louw gekoester het” (Kannemeyer Opperman-biografie 1986:357). Aanleiding genoeg vir ‘n digter om intens te dink aan sy mede-digter se verganklikheid? En dit in gedagte te hou as hy skryf oor ‘n plaaslike visser-nutsman se dood, waarby hy ‘n visioen kry van sy eie komende sterfte?

  17. Waldemar Gouws :

    Sou daar ‘n gedeelde narratief wees tussen Van Wyk Louw se gestolde golf, wat nooit regtig brander geword het nie (“Suiwer wiskunde,” 1954), en Opperman se “blinde brander” wat nie as ‘n golf op “die see stil, waterpas” (“Kantelkompas,”1970) aangerol gekom het nie?

  18. CP Naude :

    Klok in die newel Blum en hieronimus bosch se koringwa J v Wyk is my gunstelinge

  19. Helize en Waldemar, waar is die grens tussen uitlegkunde, inlegkunde en ‘n kabbala vir literatore?

  20. Waldemar Gouws :

    Daniel, in ‘n antwoord op jou vraag sou ek sê (as leek) kan mens die konsepte “poreus” en “ongemaklik” verwag t.o.v. hedendaagse grensdenke. En ondiep gebodem soos koffieklip. Soos byna orals siwwerig en spekulatief tussen die dissiplines en ondissiplines.

    Het jy miskien ‘n idee of twee?

Los kommentaar

 

*

  •