e.e. cummings. Vertaling uit Engels in Afrikaans. Vert. deur Daniel Hugo
sannie en siena en soena en sus
gaan op ’n dag strand toe(om uit te rus)
en sannie ontdek daar ’n skulp wat sing
só soet sy vergeet haar kommernis,en
siena ontmoet ’n gestrande ster
met strale wat lui soos vyf vingers sprei
en soena word gejaag deur ’n skrikbare ding
wat borrels blaas en vinnig sywaarts gly:en
sus kom later tuis met ’n gladde steen
klein soos die aarde en groot soos alleen
want wat ook al ons verloor(’n ek en ’n jy)
onsself is dit wat ons in die see sal kry
maggie and milly and molly and may
went down to the beach(to play one day)
and maggie discovered a shell that sang
so sweetly she couldn’t remember her troubles,and
milly befriended a stranded star
whose rays five languid fingers were;
and molly was chased by a horrible thing
which raced sideways while blowing bubbeles:and
may came home with a smooth round stone
as small as a world and large as alone.
For whatever we lose(like a you or me)
it’s always ourselves we find in the sea
(The Complete Poems: 1904-1962 by E. E. Cummings, Edited by George J. Firmage. Reprinted by permission of Liveright Publishing Corporation.)

Wonderlik. Dankie!