Daniel Hugo. Duif

 

Duif

Vir Gisela Ullyatt

 

op die kragdraad kom sit hy nou doodluiters

en koer sy wyfie nader – ongepla

deur die duisend volt waarop sy pootjies rus

 

ongeaard is almal wat vlerke dra

en wegsweef omdat die lugruim hemel is –

duif uit die bloute sonder voor of ná

 

 

© Daniel Hugo

21 Augustus 2020

 

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Daniel Hugo. Duif”

  1. Beeldskoon – soos Gisela. Dankie, Daniel.

  2. Gustaf Claassens :

    Die duif as simboliek van liefde en vrede ook in die dood en daarna. ‘n Treffende eerbetoon deur Daniel Hugo wat haar met sy woorde vlerke gee en laat wegsweef omdat die lugruim hemel is.

  3. Bernard Odendaal :

    Lieflike woorde oor ‘n lieflike mens.

  •