Duif
Vir Gisela Ullyatt
op die kragdraad kom sit hy nou doodluiters
en koer sy wyfie nader – ongepla
deur die duisend volt waarop sy pootjies rus
ongeaard is almal wat vlerke dra
en wegsweef omdat die lugruim hemel is –
duif uit die bloute sonder voor of ná
© Daniel Hugo
21 Augustus 2020

Lieflike woorde oor ‘n lieflike mens.
Die duif as simboliek van liefde en vrede ook in die dood en daarna. ‘n Treffende eerbetoon deur Daniel Hugo wat haar met sy woorde vlerke gee en laat wegsweef omdat die lugruim hemel is.
Beeldskoon – soos Gisela. Dankie, Daniel.