Post-Korona: Uitnodiging aan digters

 

 

 

Sou ‘n mens wel al van ‘n post-Korona-tydvak kon praat, of is ons steeds in ‘n staat van inperking, vrees en siekte vasgevang? Dit moet die tyd ons leer en dit sal eers heelwat later, met die wysheid van nabetragting aan die lig kom.

Hiermee word ‘n uitnodiging gerig aan alle digters wat al solo-bundels by hoofstroom-uitgewers gepubliseer het, om gedigte in te stuur oor die Koronavirus en die onseker tye waarin ons lewe. Dalk kan ons uiteindelik ‘n bundel saamstel, en dalk werp digterlike insig perspektief op hierdie vreemde tyd.

Marlies Taljard

Inhoudsbestuurder: Versindaba

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*

  •