Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (53)

 

Osip Mandelstam. “Ek soek hul nie”, Tristia 1922. In Afrikaans vertaal via Paul Celan se Duitse vertaling uit die Russies. Vert. deur Helize van Vuuren.

 

“Ek soek hul nie” uit Osip Mandelstam,Tristia 1922

 

Ek soek hul nie, Kassandra, omdat die sekondes bloei:

jou oog, ek soek dit nie, ek soek nie na jou mond.

Maar in Desember, nou – o feestelike nagwaak –:

kwel ons die herinnering …

 

1917

 

***

 

Wenn hohe Häuser Schiffe sind, ein ganzes Nest –

So flieg, du Sieg mit abgeschnittenen Händen,

Hyperboreerland der Pest!

Auf einem Platz mit Panzerwagen, Reitern –

Ein Mensch, ich seh ihn, da: er hetzt

Die Wölfe fort mit lodernd hellen Scheiten:

 

1917

(Mandelstam, Osip. 1922. In: Tristia. Vertaler Paul Celan uit die Russies van Osip Mandelstam.)

 

Bron:

Celan, Paul. Gesammelte Werke 5. Übertragungen II. Zwiesprachig. Frankfurt: Suhrkamp.

 

 

Bookmark and Share

14 Kommentare op “Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans”

  1. Twee vrae: “bluhten” is verlede tyd. Sou “sucht” nie daarom as verkorting van “suchte”, die verlede tyd van soek (“suchen”), gelees moet word nie? “Da” kan dan as “toe” vertaal word. Dit is een van die korrekte betekenisse van “da” in Afrikaans. Desember as tyd van die “feestelike nagwaak” word dan effektief vooropgestel.

  2. Marianne, jy is natuurlik heeltemal reg as jy beweer dat die Duitse gedig in die Imperfekt staan, terwyl die vertaler die Afrikaanse gedig in die Praesens plaas. In Afrikaans is die verlede tyd ‘n omslagtige en lomp vorm met die “het ge-“-konstruksie. My interpretasie van die vertalaalkeuse is dat die vermyding van dié konstruksie die gedig meer vaartbelyn maak, maar ook dat dit ‘n groter onmiddellikheid aan die gegewe verleen.

  3. Marianne de Jong :

    Ja, die probleem met die Afrikaanse verlede tyd. Vir jou vertaalkeuse spreek ook dat Celan die “e” van die Duitse verlede tyd weglaat sodat daar op die teenwoordige tyd gesinspeel word. Die verlede tyd beklemtoon egter wel die onmiddellikheid van “Dezember,jezt”.

  4. Waldemar Gouws :

    Kan hierdie gedig ‘n hoofpyn aanmaak? Soos ‘n voorskrif? Ek dink so, met die foltering van herinnering in die hede van Mandelstam se vier reëls.

  5. Helize van Vuuren :

    Beste Marianne, Versindaba en Waldemar
    Hier onder hopelik, die antwoord op al jul vrae!
    Daar is twee tye ter sprake in die vers – die “bloeiende oomblikke” van die revolusie (die Februarie-revolusie, in Maart 2017, wat die imperiale regering omver gewerp het, en die Oktober-revolusie, in November, waarmee die Bolsjewieke aan bewind gekom het), waar daar geen tyd vir nadenke was nie. Daarná, op 31 Desember 2017, skryf die digter eers, as die ergste geweld, bloedvergieting en chaos in St Petersburg, oor is – volgens die ontstaansdatum van die gedig.

    Celan het slegs die eerste strofe vertaal, want dít was al wat verskyn het in die destyds gepubliseerde Mandelstamversameling. Hy sou nie kon weet dat daar ‘n hele gesensureerde verdere vyf strofes onderdruk en verdwene was in die masjinerie van die staat en klein tydskriffies nie – eers intensiewe navorsing in die laat twintigste eeu het die hele vers aan die lig gebring. Celan was van ongeveer 1955-1959 besig met Mandelstam te vertaal. Sien onderstaande vertaling van die gedig soos dit in 1993 vir die eerste keer ontkom het aan sensuur. Te lees in Ralph Dutli se Russies-Duitse uitgawe-met-besonder-insiggewende- voetnote, Ossip Mandelstam TRISTIA. Gedichte 1916-1925. [Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag].

    Vir groter begrip van wat klaarblyklik ‘n sentrale gedig Mandelstam-gedig is,hieronder ‘n Afrikaanse vertaling daarvan, met ‘n bietjie toeligting daarby vir die konteks. Met dank aan Ralph Dutli.

    ___________

    Aan Kassandra

    Ek het hul nie gesoek, in elke bloeiende moment
    Kassandra, jou oë, en jou mond,
    maar in Desembernagte – slaaploos, sonder end –
    kwel ons nou die herinnering!

    In die jare sewentien, in Desember
    het jy als verloor – liefhebbend – als wat tel:
    die een is deur die volk geplunder,
    die ander plunder sigself nog wel.

    As lewe steeds in koorsdrome stol,
    as hoë huise skepe is, ‘n hele nes –
    vlug dan, jy oorwinnaar met afgesnyde hande,
    van die Hiperboreaanse land van die Pes!

    Op ‘n plein met pantserwaens en ruiters –
    ‘n mens, ek sien hom daar: hy hits
    die wolwe aan met helder-vlammende stokke:
    dit heet vryheid, gelykheid en geregtigheid!

    Rookswaeltjie, liewerik, jy, Kassandra,
    jy’t gesteun, jy’t gegloei – waarvoor, waarom
    het die son van Alexander anders
    honderd jaar gelede roemryk op ons neergedaal?

    En in hierdie waansin-metropool
    aan die Nevá, by die fees van die Skythiese skare –
    by ‘n afsigtelike bal en by gejoel
    ruk hul die doek af van jou pragtige hare…

    Osip Mandelstam “An Kassandra”, 31 Desember 1917, uit TRISTIA.Gedichte 1916-1925 (2003, tweede oplaag). Afrikaanse vertaling: Helize van Vuuren, 28 Desember 2020.
    [Uit Ralph Dutli-tweetalige uitgawe – bekommentarieer en vertaal uit Russies in Duits deur Dutli.]
    ____________________

    Volgens Dutli se resepsiegeskiedenis van die gedig (2003:216-217) het slegs die eerste strofe in 1928 in ‘n tydskrif verskyn – daarna het Russiese sensuur herhaaldelik ingeskop, en slegs die eerste strofe het verskyn tot en met die Dutli-uitgawe van Tristia in 1993. Selfs in 1973 was die frase “Sieg mit abgeschnittenen Händen” [Oorwinnaar met afgesnyde hande], onverteerbaar, onverduurlik vir die Russiese regime.

    Volgens Dutli is die gedig opgedra aan Mandelstam se digterkollega, Anna Akhmatova, 1889-1966, en dié vers is een van die mees kritiese wat die digter geskryf het oor die Russiese Revolusie. Volgens Robert Graves se Larousse-ensiklopedie van mitologie het Apollo verlief geraak op Cassandra, dogter van die koning van Priam: sy sou die gawe van toekoms-voorspelling ontvang, mits sy met hom slaap. Sy het geweier. Na één soen wat sy toegestaan het, het hy in haar mond geblaas en hoewel hy haar met die sienersgawe gelaat het, het hy die mag van oortuiging van haar onttrek. Van toe af het niemand meer geglo wat sy voorspel het nie. ook nie oor die ondergang van die stad Troje nie. Na die val van Troje is sy as slavin na Mykene gesleep en vermoor.

    In die gedig is daar ‘n samesmelting van Petropolis/Nekropolis, Jerusalem/Troje. Dutli wys daarop dat Alexander Pushkin, honderd jaar tevore in 1817 sy “Vryheid”-ode geskryf het, waarin verwys word na “Vryheid, geregtigheid en gelykheid”. Hy is “Die son van Alexander”. Die aanhits van die wolwe is ‘n toespeling op Mandelstam se “Wolfshond-eeu”-vers. Die “Hiperboreaanse land van die Pes” word hier sarkasties gebruik vir Petersburg en Rusland in die die chaos van die Revolusie. In werklikheid was Hyperborea in antieke mitologie ‘n legendariese salige volk in die noorde, met ‘n Apollo-kultus in ‘n land van vrede en lig. In die laaste strofe sien Dutli ‘n visioenêre insig in Mandelstam as digter – later, in 1946, is sy deur die regime beledig en versmaai – êrens suggereer Dutli ook dat “swaeltjie” staan vir die poësie, die krag van die woord wat kan “vlieg”. In die post-revolusionêre era opgegaan in rook, kragteloos geword, skyn hier die suggestie te wees…

    As slotopmerking kan ‘n mens verwys na NP van Wyk Louw se Kassandra-gedig in Nuwe verse (1954): “Moet ek vir iemand iets nog sê/in hierdie land/wat luid van alles temme is/en blink en brand?” Volgens JC Kannemeyer in band 1 van sy literatuurgeskiedenisn (die tweede hersiene en bygewerkte uitgawe van 1984), had hierdie vers “Kassandra” as oorspronklike titel (1984:421) – wat ‘n sterk politieke inslag daaraan gee – by publikasie verswak deur titelverandering.

    Ter aller duidelikheid, hier die Duitse vertaling van Ralph Dutli, voorste Mandelstam-navorser, wat direk uit Russies vertaal het, gebaseer op intensiewe navorsing:

    An Kassandra

    Ich hab sie nicht gesucht, in blühenden Momenten,
    Kassandra, deine Augen, deinen Mund,
    Doch in Dezembernächten – schlaflos, ohne Ende –
    Quält uns nun die Erinnerung!

    Im Jahren Siebzehn, im Dezember
    Verlorst du – liebend – alles, was du zählst:
    Der eine wird vom Volk geplündert,
    Der andre plündert sich schon selbst…

    Wenn Leben stets in Fieberträumen enden,
    Wenn hohe Häuser Schiffe sind, ein ganzes nest –
    So flieg, du Sieg mit abgeschnittenen Händen,
    Hyperboreerland der Pest!

    Auf einem Platz mit Panzerwagen, Reitern –
    Ein Mensch, ich seh ihn, da: er hetzt
    Diue Wölfe fort mit lodernd hellen Scheiten:
    Heißt Freiheit, Gleichheit und Gesetzt!

    Rauchschwälbchen, liebes, du, Kassandra,
    Du stohnst du glühst – wozu, warum
    Schien wohl die Sonne Alexanders
    Vor hundert Jahren uns zum Ruhm?

    Und irgendwann in dieser Wahnsinns-Metropole
    An der Newa, beim Fest der Skythenschar –
    Bei einem widerlichen Ball und zum Gejohle
    Reißt man das Tuch von deinem schönen Haar…

    Osip Mandelstam 31 Desember 1917, uit TRISTIA.Gedichte 1916-1925 (2003, tweede oplaag).
    _____________

    Ek hoop dit maak die Celan-vers vertaal in Afrikaans, die konteks waaruit dit kom, en veral die gebruik van verskillende tye van die werkwoorde, duidelik? Die “toe” van die revolusie wat in golwe oor Petersburg gespoel het, en die “nou” waarin Mandelstam skryf op 31 Desember 1917. Soos ook die “toe” van Celan in Czernowitz, Roemenië gedurende Wêreldoorlog II – sy vaderland, en die kampe, en verlies van ouers en geliefdes deur die kampe, en die “nou” van die vyftigerjare in Parys, as hy vertaal en in ‘n nuwe vorm giet wat hom intens aanspreek.

    “Was nicht selber Poesie ist, kann nicht übersetzung von Poesie sein”,
    het Enzensberger in sy voorwoord tot die Museum van die moderne poësie geskryf –
    al in 1969.

    Groete
    Helize

  6. Waldemar Gouws :

    Beste Helize, dankie vir die uitbrei: van die aanvanklike oortjie af verder ondertoe om die seekoei aan te dui.

  7. helize van vuuren :

    Die knoop sit in die voegwoord (1ste reël). Ter oorweging:

    “as die sekondes bloei”

  8. Marianne de Jong :

    Dankie vir al die tersaaklike inligting en Dutli se vertaling. Die enkele strofe berei ‘n mens nie daarop voor nie.

  9. helize van vuuren :

    En die triestige, gelade naam Kassandra?

  10. Marianne de Jong :

    Ja, Kassandra die vergeefse profetes is ‘n sleutel. Ek is mislei deur die toon van die strofe wat ek met ‘n liefdesgedig geassosieer het, maar met Mandelstam moes mens van beter geweet het.

  11. Helize van Vuuren :

    Soos Celan en Wyk Louw (seg maar: alle meesterdigters), nooit te onderskat…Wat mens dink jy kry, is dikwels resultaat van die eie beperkte verwagtingshorison: “‘n vervolgte Russiese digter lamenteer, in donker tye, oor ‘n vervloge geliefde”, byvoorbeeld. Maar Mandelstam was geniaal, boonop ‘n klassikus, met intieme, presiese kennis van Griekse en Romeinse letterkunde en mitologie, en het intens nagedink oor en geskryf oor leser, letterkunde, en litererteoretiese sake, inklusief verhouding sosio/politieke sake met digkuns. Tydgenoot van. Russiese Formaliste. Shlovskij et al. Naas sy eie (Pushkin veral) ook die Westerse letterkunde (soos sy tydgenoot, Mikhael Bakhtin) intiem mee vertroud.

    Waar laat dit ons as Afrikaanse lesers vandag?

    Gestroop,
    vaal, alleen op ‘n haai vlak …
    met hier en daar ‘n brandende bos ter troos

  12. Marianne de Jong :

    Dit lyk tog of Mandelstam in die eerste strofe met liefdesgedig-konvensie speel(“deine Augen..deinen Mund”), of die liriese spreker nou Apollo of Mandelstam of ‘n ander figurasie is. Dit maak die slotstrofe des te skrynender(“reisst man das Tuch von deinem schonen Haar”) en versterk die politiese betekenis. Die Russiese sensuur het seker die eerste strofe aanvaar omdat dit na ‘n onskuldige liefdesstrofe lyk. Lei ek reg af dat jy aanneem Celan het self nooit die hele Kassandra-gedig gesien het nie?

  13. helize van vuuren :

    Ja, Marianne (op jou vraag) – die Kassandra-mite het alreeds die liefdesverhouding ingebed (Apollo mond-aan-mond met Kassandra, waar die sienersgawe ingeblaas, en die ongeloof-in-ore-van-hoorders by die hoor van haar voorspellings). Endie gedig was blykbaar nog nie weer gevind, na ellelange sensuur, toe Celan vertaal het tussen 1955 en 1959 nie). So lyk die publikasie-geskiedenis volgens die notas in die Dutli-uitgawe van Mandelstam se TRISTIA. GEDICHTE 1916-1925, p. 216:

    1.1917 (31 Des.): hele gedig – VOLJA NARODA, nr. 206
    2.1928: hele gedig – sosiaal-revolusionêre koerant, VOLKSWILLE
    3. 1928: Net eerste strofe (res gesensureer) in Osip Mandelstam – GEDIGTE
    4. 1973: Sensuur duur voort, net eerste strofe in
    Osip Mandelstam, UITGEKOSE GEDIGTE.

    Dit lyk asof Dutli se 1993-uitgawe altemit die eerste was om die hele vers, gerekonstrueer, te druk. Ralph Dutli, wat uit die Russies vertaal het, het ook ‘n groot Mandelstam-biografie (640 bladsye) gepubliseer, MANDELSTAM – MEINE ZEIT, MEIN TIER. Die sleutel tot die digter is blykbaar van kindertyd af sy verskeurdheid tussen verskillende tale en kulture (vader Joods en moeder Russies). Ek haal ter wille van jou ‘n reaksie op die biografie aan, wat dit alles duidelik maak (het nie nou krag om te vertaal nie – dit kom van ‘n kundige resensent se kritiese reaksie op die biografie (op ‘n aanlyn-boekekoop-blad):

    “Ossip Mandelstam wächst in einem völlig asymmetrischen Elterngefüge auf: Seine Mutter ist durch und durch russische Klavierlehrerin, geprägt vom russisch-orthodoxen Christentum. Mandelstams Muttersprache also ist ganz einfach Russisch, wodurch der Junge gar nicht russifiziert werden muß. Sein Vater bringt als väterliche Muttersprache allerdings das im deutschen Sprachraum entstandene Jiddisch mit. Damit ist der Vater zwangsläufig in hebräischer Schrift, der Quadratschrift, gereift, was ihn allein dadurch immer an den jüdischen Glauben erinnert und ihm gleichzeitig bei seinem Bildungshunger zwangsläufig in die Welt der deutschsprachigen Literatur trieb, natürlich nicht in die der russischsprachigen. Hätte der Vater um jeden Preis eine freiwillige Assimilation angestrebt, so hätte er, wie beispielsweise der hier manch einem bekannte Komponist Felix Mendelssohn, einen anderen Namen angenommen – nicht aber so bei den Mandelstams. Soweit nämlich ist die Verleugnung der Geschichte durch den Vater nicht gegangen. Insbesondere die Beibehaltung des Nach-Namens, unverkennbares Jiddisch aus altdeutschem Sprachraum, verweist darauf, daß der Vater mitnichten in einem von allergrößtem Judenhaß gekennzeichneten Rußland russifiziert sein wollte, es aber aus strategischen Gründen schlicht und ergreifend mußte.

    In dieser Gemengelage aus Religion, Kultur und Sprache wächst der junge Mandelstam heran und lernt, was von väterlicher Seite bei dem religiösen Hintergrund bis heute völlig üblich ist, von der Mutter. Viel viel später erst, aber eben auch schon zu spät, wird der reifer werdende Mandelstam auch der Wurzeln seines Vaters bewußt, ist aber schon als Kind geprägt von unterschiedlichen Sprachen, Kulturen und Religionen. Der Sprache seiner Vorväter, im wahrsten Sinne des Wortes, hätte er sich nur mit einem unsäglichen Energieaufwand annähern können, galten ihm doch schon als Kind diese Lettern als extrem befremdlich und unverständlich.

    Genau nämlich aus dieser Vielschichtigkeit entwickelt sich ein von Zerrissenheit geprägter und schwankender Mandelstam, woraus sich seine kreative Kraft generiert”.

  14. Marianne de Jong :

    Dis fassinerende data. Dankie hiervoor.

Los kommentaar

 

*

  •