Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 January 20214 February 2021

Jan Wagner. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (74)

 

Jan Wagner. Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Robert Schall.

 

afsprake vir die kaaimanjag

 

jy die jagmes, vaardig en skerp genoeg om

hulle uit hul pakke te help, hul pasklaar

eenstuk-leerswemklere. die knuppel ek, net

veiligheidshalwe.

 

in die platboomboot wat uit inspirasie

en uit waagmoed saamgeflans is, onsigbaar

vir die nikswerd wildwagters, selfs vir honde

amper onhoorbaar,

 

jy die ekstra koplamp, die soeklig wat die

geitjie-oë vind en verraderlik laat

vonkel in die water, indien my volmaan

dit nie reeds doen nie.

 

ek die muggies, ek die manglietmoerasse,

jy die ooievaars met hul spykerbene,

veregondels langs ons, en vreedsaam bomend

deur die laat skemer

 

wat nou uit die lug daal, die skemer ook wat

opstyg uit die waters tot jy nie weet of

jy gespieëlde is of spieëlbeeld nie,

tot ons vlak blikskuit

 

deur ʼn duisternis konstellasies voortgly,

koud en honger. ék hou die rigting. vat jý

nou die skietding. mik in die donker, netjies

tussen twee sterre.

 

***

 

verabredungen für die kaimanjagd

Jan Wagner

 

du das messer, wendig und scharf genug, um

ihnen aus dem anzug zu helfen, ihren

edlen lederflanken. den knüppel ich, nur

sicherheitshalber.

 

ich das flache boot, das aus eingebung und

wagemut zusammengenietet wurde,

unsichtbar für wildhüter, selbst für hunde

nahezu lautlos,

 

du die taschenlampe, den lichtstrahl, der die

echsenaugen findet, verräterisch im

wasser leuchten läßt, falls mein tropenvollmond

nicht schon genug ist.

 

ich die mücken, ich die mangrovensümpfe,

du die jabirus mit den langen beinen,

federgondeln neben uns, friedlich durch die

dämmerung stakend,

 

die vom himmel sinkt, und die dämmerung, die

aufsteigt von den wassern, bis man nicht weiß, ob

man gespiegeltes oder spiegelbild ist,

bis unser blechkahn

 

mitten durch die konstellationen gleitet,

hungrig, kalt. ich halte die richtung. nimm jetzt

du die flinte. ziele genau ins dunkel

zwischen zwei sternen.

 

 

© 2016 Hanser Berlin im Carl Hanser Verlag GmbH & Co. KG, München

 

 

Bronverwysing:

 

Wagner, Jan (2016). Selbstporträt mit Bienenschwarm. Ausgewählte Gedichte 2001 – 2015 (bl. 223). Berlyn: Hanser Berlin

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jan Wagner. Vertaling in Afrikaans
Jan Wagner. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d