Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 January 20214 February 2021

Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (102)

 

Gaius Valerius Catullus. Vertaling van Latyn in Afrikaans. Vert. deur Jean Meiring.

 

Catullus se vyftiende vers

 

Aan jou vertrou ek my en my beminde toe,

Aurelius. Van jou vra ek net ‘n beskeie

Gunsie. Dat, as jy al ooit iets op prys gestel

het wat jy puur en ongeskonde wou behou,

dan vra ek: hou my mannetjie in watte,

gepluis nie teen die gespuis nie – húlle

vrees ek nie, wat heen en weer die strate

vol stap met hul neuse diep in hul eie sake.

Wragtigwaar: ek is banggat vir jóú – en jou piel,

‘n beproewing vir jonkmans, kuis én jags.

Want jy laat daai ding gaan waar hy wil, na eie

goeddunke snuffel. Steek dit kop uit, is jy rég.

Maar, prewel ek, los tog dié mannetjie alleen.

Want as duiwel se gedagte en gulplose drif

jou, jou vuigaard, tot so ‘n misdaad dryf

wat jy hier, in jou boonste kop, teen my beplan

dan wag ‘n donker en droewe vergesig op jou.

Met jou pote vasgeknoop sal ‘n stoet harders

en radyse deur jou gapende gat gejaag word.

 

***

 

Carmen 15

Gaius Valerius Catullus

 

Commendo tibi me ac meos amores,

Aureli. Veniam peto pudentem,

Vt, si quicquam animo tuo cupisti

Quod castum expeteres et integellum,

Conserues puerum mihi pudice,

Non dico a populo: nihil ueremur

Istos qui in platea modo huc modo illuc

In re praetereunt sua occupati;

Verum a te metuo tuoque pene

Infesto pueris bonis malisque.

Quem tu qua lubet, ut lubet moueto

Quantum uis, ubi erit foris paratum:

Hunc unum excipio, ut puto, pudenter.

Quod si te mala mens furorque uecors

In tantam impulerit, sceleste, culpam,

Vt nostrum insidiis caput lacessas,

Ah tum te miserum malique fati,

Quem attractis pedibus patente porta

Percurrent raphanique mugilesque.

 

Bronverwysing:

Garrison, Daniel H. (Red.) 2004. The Student’s Catullus, derde uitgawe. Oklahoma: University of Oklahoma Press.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d