Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 April 202119 April 2021

Gunther Pakendorf. deus absconditus

 

deus absconditus

vir mm walters, 17 maart 2021

 

jou  groot huis moet nou ontruim word, thys

noudat jy hier nie meer is nie

hoeveel besittings het jy nie vergaar

in jou lang lewe nie

laaie en lêers en kiste en kaste

verborge kleinode en vergete skatte

eikehouttafels en eikehoutstoele

rakke en rakke vol

boeke, grotes en dikkes

dun digbundels (ja, ook jou eie)

teen mure of in `n wêreld deur glas

dig  bymekaar by opperman, louw en ander

groot geeste, wysgerige verhandelings

oor mitologie en godsgeleerdheid

(dis mos vinkel en koljander)

met ‘n `n blik op die wydgestrekte

blou waters en die ewige blou lug bo

 

en wie wag hier onder in dié gewyde

ruimte op ons, dié blou-oog dametjie

met haar lenige lyf en skaam glimlag?

ja, voorwaar, dis sy, die gebenedyde

onder die vrouens, selfs meer as een,

blik op ons neer, vol grasie en genade:

die koningin van die hemel en moeder van erbarme

 

maar wag, waar is hy dan

ons liewenheer, haar seun van smarte?

(is sy `n moeder sonder `n kind dalk?)

is hy verborge

in `n boekrak bo by die

twyfelaars, afvalliges, ongelowiges

dié wat hom ontken, al sprekende van god?

 

glo jy nie ook

sy sal vir ons sondaars bid

as ons haar mooi vra nie?

 

© Gunther Pakendorf, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Kwatrynkompetisie (118)
Gunther Pakendorf. lank voor kort →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d