Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 April 202119 April 2021

Gunther Pakendorf. deus absconditus

 

deus absconditus

vir mm walters, 17 maart 2021

 

jou  groot huis moet nou ontruim word, thys

noudat jy hier nie meer is nie

hoeveel besittings het jy nie vergaar

in jou lang lewe nie

laaie en lêers en kiste en kaste

verborge kleinode en vergete skatte

eikehouttafels en eikehoutstoele

rakke en rakke vol

boeke, grotes en dikkes

dun digbundels (ja, ook jou eie)

teen mure of in `n wêreld deur glas

dig  bymekaar by opperman, louw en ander

groot geeste, wysgerige verhandelings

oor mitologie en godsgeleerdheid

(dis mos vinkel en koljander)

met ‘n `n blik op die wydgestrekte

blou waters en die ewige blou lug bo

 

en wie wag hier onder in dié gewyde

ruimte op ons, dié blou-oog dametjie

met haar lenige lyf en skaam glimlag?

ja, voorwaar, dis sy, die gebenedyde

onder die vrouens, selfs meer as een,

blik op ons neer, vol grasie en genade:

die koningin van die hemel en moeder van erbarme

 

maar wag, waar is hy dan

ons liewenheer, haar seun van smarte?

(is sy `n moeder sonder `n kind dalk?)

is hy verborge

in `n boekrak bo by die

twyfelaars, afvalliges, ongelowiges

dié wat hom ontken, al sprekende van god?

 

glo jy nie ook

sy sal vir ons sondaars bid

as ons haar mooi vra nie?

 

© Gunther Pakendorf, 2021

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Kwatrynkompetisie (118)

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Vrijgeleide voor piekeraars
  • Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)
  • Bert Bevers. Schommels zonder
  • Nuwe bundel: Rumi: Liefdesverse en aanhalings
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Eduan Naude on Eduan Naudé. Aksent7 December 2023

    Ag dankie Nini ;)

  2. MC du Plessis on Anne-Marie Bartie. Soluswese6 December 2023

    "Gedigte vertaal iets wat buite gebeur na die letterkunde toe. Die geslaagde gedig spreek tot die diepste emosie en nie…

  3. Nini Bennett on Eduan Naudé. Aksent5 December 2023

    Wat 'n heerlike gedig, Eduan!

  4. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  5. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon