Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 April 20211 May 2021

Joan Hambidge. Velásquez: Las Meňinas

 

 

 

 

Velázquez: Las Meňinas

 

Michel Foucault

filosofeer oor die episteme

en die ligskynsel in hierdie skildery:

die spel tussen werklikheid

se gatkant, genaamd illusie.

 

Die Wagtende vroue speel af

in Madrid waar Koning Philip,

die Vierde oorheers.

Die ruim kamer in die Alcazar

stal verskillende figurante uit:

 

Infanta Margaret Theresa

met Doña Isabel de Velasco

met Doña María Agustina Sarmiento de Sotomayor,

kniebuigend voor die Infanta,

vir wie sy ‘n búcaro eerbiedig aanbied.

Twee dwerge Maribarbola en Nicolas Pertusato

voltooi die prentjie, terwyl die een

skoorsoek met die slapende, bloubloed hond.

 

Dan sien ons doña Marcela de Ulloa,

glo die chaperone,

geklee in swart, neffens

die naamlose guardadama  

na die agtergrond uitgeskuif,

ene Don José Nieto Velázquez,

glo Diego se groenoog neef,

eweneens die koningin se kamerheer.

Of soiets.

 

Koning Philip IV en koningin Mariana,

opdraggewers vir hierdie ryke tapisserie

word gestulp in die agtergrond

stilswyend in die refleksie van ‘n dowwe spieël.

 

Vlak vir vlak beweeg my oog

tussen wat daar was en ewig

bly uitnooi en betekenis fnuik.

Enumerasie en optel hoort

eerder tuis in ‘n kinderspel.

 

En Velázquez, so by my kool,

lag die hele spul uit

welwetend hoe almal

sou bly wonder oor

die oortreding

van ‘n ordonnansie

in hierdie kaleidoskoop

met ‘n laaste sê:

 

so op die keper beskou.

 

 

© Joan Hambidge, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ruie tuin
Ronel de Goede. die rooi kruikie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Margaret Cordier-Biermann. Vonnis
  • Joan Hambidge. Eerste sneeu
  • johan swanepoel. tafel vir een
  • Resensie: Steierwerk  deur Johan Myburgh
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d