Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 April 20213 May 2021

Susan Smith. lykrede vir ‘n taal aan die vergete kant van die land

 

lykrede vir ‘n taal aan die vergete kant van die land

 

aan hierdie kant van die land op die derde vloer van die caxtongebou wat ook

die elcogebou was op die derde vloer op dieselfde derde vloer waar vóór 94

die veiligheidspolisie se kantore was waar iemand tydens ondervraging

deur ‘n venster

 

splinternuut in 2005 chris hani herdoop in hoop en ywer deur ‘n herbenoemings-

komitee gedekoloniseer nooit gerealiseer op enige muur teen enige ingang

op enige dokument nie het hani wéér gesterf dié keer deur onverskillige

hande van eie comrades in akademia ongeraak alles net futlose retoriek

in kerkstraat bly die afrikauniversiteit koloniaal getrou aan engelse heerskappy

want wat is die gewig van ‘n naam die gewig van omgee immers? en kom en

gaan soos seegetye die heerskappye van opeenvolgende besture in korrupsie

en selfverryking geldkoffers stroop

 

maar op hierdie derde vloer kamer 304 was daar afrikaans eenmaal vir 17 jaar lank

skryf dit neer dat dit nie vergeet kan word nie eenmaal vir 17 jaar lank eenmaal

geglo dat dit in die son en wind teen die see en die loei van ‘n mishoring sommige

dae oorkant die grou gebou waar ‘n vragskip dan en wan in vuil ruite reflekteer

die hawe invaar die see die wind altyd daar anders kon wees met ‘n taal uit hierdie

aarde ‘n taal wat die skuld afskud tussen swart kollegas swart studente wat my wit

hande vat wat ‘n nuwe pad stap

 

op die derde vloer met die afskilferende mure verrottende vensterrame stukkende

hysbakke vuil badkamers plafonne wat plekplek inval duiwemis en stof sif oor

swak verligte lesinglokale gebreekte banke swart en bruin studente gelate aanvaar

dis hoe dit is tot die volgende vonk #allmustfall ontbrand dat dit anders kon wees

 

anders kon wees het ek geglo die klein blink houtjies neergelê vir taal en poësie

sorgvuldig uitgepak gestapel lewensvonke aangesteek dat alles nuut kom word

en blink oë van jongmense dat ons mekaar tot in mekaar se siele vir die eerste

keer sién luister na jong bruin digterstemme omarm die afrikaoorsprong van taal

verstaan die skuld op die derde vloer waar ek geglo het woorde maak ‘n verskil ook

aan skuld aan wit medeverantwoordelikheid op die derde vloer

 

waar dit alles tot niet kom word het

 

aan die anderkant van die land brand groter vure harder loei die winde aan

die anderkant van die land brand dit by die mooi wit dorp oor taal brand dit by

die biblioteek teen die berg en ‘n land roep uit en rou      aan hierdie kant die vergete

kant sterf ‘n taal stilweg bladsy vir bladsy word ‘n paar duisend Afrikaanse boeke

stilweg geoormerk vir pulp het ‘n departement op die derde vloer in die gebou

langs die see se lyk reeds ontbind

 

© Susan Smith , 2021

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Susan Smith. Onderwater
Susan Smith. hoe slaap jy ben van beurden →

5e gedagtes oor “Susan Smith. lykrede vir ‘n taal aan die vergete kant van die land”

  1. Heilna du Plooy says:
    2 May 2021 at 22:26

    Hartverskeurend, al hierdie stille verlies, maar hierdie gedig op sigself bewys hoe daar nog lewenskrag is. Mag die vernietigingsdrang iew
    ers opdroog!

    Reply
  2. Melanie Grobler says:
    1 May 2021 at 05:12

    Wie dra die skuld? Wie neem hierdie vernederende besluite? Alhoewel ek al reeds soveel verloor het,
    soveel seer gekry het; ek die letseldraer het ‘n vars snydende letsel dwarsdeur my stomme hart. Al my liefde, liewe Susan. Melanie Grobler.

    Reply
  3. Marlise says:
    29 April 2021 at 22:51

    Dis hartverskeurend dat hierdie verdomming, uitskakeling en marginalisering van Afrikaans plaasvind! Hier is die volledige artikel https://www.litnet.co.za/afrikaans-by-die-universiteit-van-fort-hare-maak-sy-deure-toe/

    Reply
  4. Elmarie van Kampen says:
    29 April 2021 at 20:11

    My hart en siel kry seer Susan, veral terwyl ek die laaste stukkie drie keer oor gelees het…

    Reply
  5. Marie Bredenkamp says:
    29 April 2021 at 19:28

    Susan Smith: Jou woorde skeur soos bakstene deur my gemoed – ons wil nie ophou handvat, uitreik, saamwerk, dieper grawe om die taal, die eie, eie identiteit aan ‘t lewe te hou nie. Dit is ‘n verlies van pandemiese omvang: laat ons nie sommer net veras nie, maar soek na hoop in ‘n tradisionele begrafnis waar familie nog vorendag kan kom met oplossings, al weet ons die reg lê in ander hande.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d