Geo-
(i)
ons was daar
met die geboorte
klip, DNS van die aarde
gemorf uit verbrokkelde berg
vlammende juwele in vulkane –
geomorfes slaap dig in ondergrondse portale
ons liefde
.ysterklip en weerlig
(ii)
land van bloeigrond en droogte
hier waar bome ineenrank
strate
.katedrale word
alle bome reik na eden –
© Nini Bennett, 2021
