Literatuurles
as student leer ek op ’n duifryke dorp
die Nederlandse en Afrikaans letterkunde
is 800 jaar oud – lieflik begin dit met:
hebban olla vogala nestas hagunnan
intussen het daardie digkuns 900 jaar
oud geword – die tyd vlieg, maar gelukkig
is ek ’n voël met ’n nes en ’n wyfie
wat steeds bekoorlik in Diets kan koer
© Daniel Hugo, 2021

Oos, wes – nes bes!