Daniel Hugo. Etiek

 

Etiek

 

die digter is ’n dronklap

die digter is oorgewig

die digter is ’n pedofiel

die digter is ’n eunug

die digter is konserwatief

die digter is verlig

die digter is ’n ateïs

of kinderlik gelowig

wat doen ons nou

met elke wonderlike gedig?

 

© Daniel Hugo, 2021

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Daniel Hugo. Etiek”

  1. Ka’afir :

    Ons SING, Daniël – ons sing…