Thomas Deacon. Digter

 

digter

 

hy buig sy tong soos ‘n boog

en skiet woordpyle

uit die punt van sy pen

kwes dit

 

bladsy vir bladsy

bloei dit

en rooi-rooi

hang die son daar bó

 

© Thomas Deacon, 2021

 

Bookmark and Share

Comments are closed.