Under the split in the retreating black cloud
the invisible scale of spring
is oscillating
in the fresh April sky.
On the highest mountain,
the god of the snow,
his dazzling head bent over the dizzy space of reflections,
starts melting with desire
in the vertical cataracts of the thaw
annihilating himself loudly among the excremental cries of minerals,
or
between [sic] the silences of mosses
towards the distant mirror of the lake
in which,
the veils of winter having disappeared,
he has newly discovered
the lightning flash
of his faithful image.
[…]
Now the great mystery draws near,
the great metamorphosis is about to occur.
Narcissus, in his immobility, absorbed
by his reflection with
the digestive slowness of carnivorous plants,
becomes invisible.
There remains of him only
the hallucinatingly white oval of his head,
his head again more tender,
his head, chrysalis of hidden biological designs
his head held up by the tips of the water’s fingers,
at the tips of the fingers
of the insensate hand,
of the terrible hand,
of the excrement-eating hand,
of the mortal hand
of his own reflection.
When that head slits
when that head splits
when that head bursts,
it will be the flower,
the new Narcissus,
Gala –
my narcissus.
Bogenoemde gedig, “Metamorphosis of Narcissus” (Métamorphose de Narcisse,1937), wat die gelyknamige skildery vergesel, is geskryf deur Salvador Dalí. Sy vertolking van die mitologiese Narsissus is met ander woorde ’n metamorfose van die self na die narsing, wat ook sy vrou, Gala voorstel. In die Griekse mitologie het Narsissus, ’n besonder aantreklike jagter, die attensies van mans en vroue verwerp. Echo, wat desperaat probeer het om sy guns te wen, het later weggekwyn tot net haar stem (’n eggo) oorgebly het. Uit weerwraak het Nemesis vir Narsissus na ’n waterstroom gelei en vir die eerste maal het hy sy mooi weerkaatsing gesien en bewonder; verlief geraak op sy eie beeld. In ’n poging om die gesig in die water te omhels, het Narsissus vorentoe geval en verdrink en ’n narsing het opgeskiet op die plek waar hy gesterf het. ’n Ander weergawe lui dat hy weggekwyn het by die waterstroom en dat ’n narsing daar begin groei het.
Elena Ivanovna Diakonova, of Gala, soos sy bekend gestaan het, was ’n Russies-gebore onderwyseres en die vrou van Salvador Dalí. Maar Gala was eers met die Franse surrealistiese digter, Paul Éluard, een van die grondleggers van die surrealistiese beweging, getroud. Éluard het Gala in 1912 ontmoet. Hulle was albei 17 jaar oud en op daardie stadium het die jong Éluard nog nie besef dat hy ’n digter is nie – Gala het die poëtiese muse in hom aangevuur. Dít is die verstommendste van Gala Dalí: sy het potensiaal in ander kunstenaars raakgesien en soos ’n meesterbrein agter die skerms leiding gegee hoe hulle hul talent moes ontwikkel. Éluard en Gala het ’n dogter, Cecíle, gehad wat Gala verwerp het nadat sy vir Salvador ontmoet het. Cecile was slegs 11 jaar oud toe sy na die verbrokkeling van haar ouers se huwelik na haar ouma in Parys, Éluard se moeder, gestuur is. Daarna het Gala haar dogter hoogstens twee maal ’n jaar gesien. Maar waarom het sy dié vernaamste digter in Parys, ’n vermoënde man danksy ’n groot erflating, die trekpas gegee? En dít vir ’n brandarm, onbekende skilder – Dalí? Want sy het die potensiaal as surrealistiese genie in hom raakgesien, dieselfde as in die geval met sy voorganger, Éluard. Gala het inderwaarheid verskeie jong kunstenaars geïnspireer. Die verhaal van Salvador en Gala self is surrealisties en vreemd – dit ontspil in ’n fusie van kreatiwiteit, waansin, voyeurisme en alternatiewe seksuele leefwyses. Afrikaans lesers is bekend met Paul Éluard se poësie nadat Uys Krige van die verse meesterlik vertaal en gebundel het as Éluard en die surrealisme (1962). Vervolgens een van my gunstelinge uit dié merkwaardige bloemlesing:
Hul oë altyd rein
Dae wat so traag is, dae van reën,
Dae van gebroke spieëls en verlore naalde,
Dae van ooglede geslote vir die seë se einders,
Van ure wat almal eners is, dae van gevangenis,
My gees wat nog geglans het op blare
En blomme, my gees is nakend soos die liefde,
Die daeraad wat hy vergeet laat hom sy kop sak
En sy liggaam aanskou gehoorsaam en vergeefs.
Tog, die mooiste oë in die wêreld het ek gesien,
Gode van silwer met saffiere in hul hande,
Ware gode, voëls in die aarde
En in die water, ek het hulle gesien.
Hul vlerke is myne, niks bestaan nie
As net hul vlug wat my ellende skud,
Hul sterrevlug, hul vlug van lig,
Rivier, vlakte, rots, hul vlug,
Die helder golwe van hul vlerke,
My gedagtes geskraag deur die lewe en die dood.
Éluard en die surrealisme, soos uit die Frans vertaal deur Uys Krige. HAUM, 1962.
Toe Gala vir Dalí die eerste keer ontmoet het, het hy onbeheersd en histeries bly lag. Die skilder moes fokus om skilderye betyds gereed te kry vir ’n uitstalling, maar in stede van skilder, het sy histrioniese gedrag vererger. Gala was die enigste mens wat tot Dalí kon deurdring; sy het hom kalmeer, raad gegee en hom gered van sy waansin. Vir die eienaar van die galery en die skilder se vriende in Parys dit ’n wonderwerk. Mens kan in Gala, ’n ongewilde en onaangename mens, se guns wel noem dat sy ’n lewe van weelde agtergelaat het en by Dalí ingetrek het in sy armoedige strandhuisie in Cadaqués. Daar was geen lopende water of elektrisiteit nie, geen stoof nie…Gala het verskeie opofferings gemaak omdat sy (op daardie stadium) werklik belang gestel het in haar man. Gala was Dalí se agent, handelaar en bemarker. Sy was sy muse, die een wat hom vertroos en geïnspireer het. Tien jaar ouer as die kunstenaar was sy ook ’n moedersubstituut. ’n Ma wat haar eie kind verlaat het om, ironies genoeg, na die skilder om te sien. Gala het met Dalí se skilderye van galery na galery gependel, en toe Europa vir alle tegniese redes bankrot was ná die Eerste Wêreldoorlog, het sy planne beraam om sy skilderye aan ryk Amerikaners te smous. Sy het Dalí se verbeelding aangevuur; mede-eienaarskap van hom as mens en kunstenaar geneem. “It is mostly with your blood, Gala, that I paint my pictures,” het die hy gereeld gesê. Maar daar was ook ánder rolspelers betrokke in die egpaar se stormagtige huwelik, byvoorbeeld Dalí se hartstogtelike vriendskap – of verhouding – met Frederico Lorca. Ek verwys later weer hierna.
Dalí het toegestem tot Gala se versoek tot ’n ‘oop huwelik’. Die Éluards, Paul en Gala, het tydens hulle huwelik ook hierdie oop benadering gevolg en op ’n kol het die skilder Max Ernst vir drie jaar by die egpaar ingewoon in ’n tipe ménage à trois. Maar – jare later het Gala ook ’n flirtasie met Ernst se seun aangeknoop.
Gala was op haar beste ’n komplekse en intense mens, en op haar ergste – monsteragtig. Dit is hoe die mense, wat die egpaar goed geken het, haar beskryf het. Gala het geen vriende gehad nie en haar eie familie op ’n kil afstand gehou. Sy is bestempel as wreed – het selfs haar eie troetelkonyn gekook en geëet! As sy nie van iemand se gesig gehou het nie, het sy op die persoon gespuug, en as iemand se geselskap haar plofbare humeur laat ontvlam het, het sy ’n sigaret doodgedruk op die slagoffer se arm. Sat van haar beledigings het die filmvervaardiger, Luis Buñuel op ’n kol só renons in Gala gevang dat hy het haar probeer wurg en haar die bynaam “demoniese dominatrix” gegee het.
Verslaaf aan Daíi se geld het Gala groot bedrae weggedobbel in ondergrondse casino’s in New York. Bekend vir haar onversadigbare libido, het sy ’n eindelose gevolg van jong minnaars gehad, enige iets van vissermanne tot opkomende kunstenaars, oftewel haar “manlike harem”, soos haar vyande dit bestempel het. Een aand het Dalí tydens ’n rusie sy vrou aangerand oor die reuse bedrae wat sy deurgebring het in haar promiskuïteit, en twee van haar ribbes gebreek. Tog is dit dieselfde vrou en muse wat Dalí oneindig liefgehad het, en ten sterkste verklaar het dat hy haar bemin… “more than my own mother, more than my father, more than Picasso, and even more than money.” Dalí het sy skilderye geteken as “Gala Salvador Dalí”, eersgenoemde naam groter as die skilder se naam self.
Dalí het vir Gala ’n kasteel in Púbol, Spanje gekoop en die weeldewoning beskilder en ingerig na haar smaak. Die kasteel was egter verbode gebied vir hom – hy mog slegs met verlof van Gala, en let wel, met skriftelike toestemming, daarheen gegaan het. En, om te verseker dat die geldkraan nie opdroog nie en Salvador mildelik bly voorsien, het Gala die skilder gedwing om blanko skilderdoeke te teken, net om dit aan vervalsers te oorhandig om teen kommissie Dalí-skilderye te voltooi wat dan teen oorspronklike hemelhoë Dalí-pryse verkoop is. Kunskenners is skepties oor Dalí-skilderye wat in die sestigerjare en daarná gemaak is. En nog is dit het einde niet. Toe Gala in haar bejaardheid demensie ontwikkel, het sy haar man twyfelagtige konkoksies van medikasie en dwelmmiddels ingejaag wat waarskynlik bygedra het tot die latere ontwikkeling van Parkinson se siekte by die skilder.
Dalí was volkome in Gala se mag. Want ’n magsverhouding was dit inderdaad – en Gala was in beheer van elke faset van die huwelik, asook die sukses van Salvador se loopbaan. Dalí het onder meer sy vrou twee maal geskilder as Madonna, haar geskilder as Leda en die swaan en naakstudies van haar gedoen. Sy was dié herhalende tema in die kunstenaar se oeuvre. Die aktivis en skrywer, Germaine Greer, het Gala se invloed oor Dalí só opgesom: ”She is the anima to his animus, the yin to his yang, except that, in a reversal of gender roles, she penetrates or inspires him and he gestates and brings forth, from the womb of his mind”. In die onderstaande gedig, “Gala” vang Joan Hambidge hierdie essensie treffend vas:
Sy wys haar bors groter as skildergroot
vir ons dalk of vir hom, die man-met-die-snor
kandaulisties vreesbevange vir haar gleuf,
die vagina dentata wat hom mag ont-man.
Hierom wys Salvador graag sy geliefde Gala
vir ander soos ’n trofee of ’n tatoeëermerk
op ’n skaamtelike deel ’n donker gebied
soel klam mos onder ’n woudboom.
[…]
Joan Hambidge. Indeks. Human & Rousseau, 2016.
Naas Dalí se supersterstatus het hy die bynaam el maestro en die titel marquess (markies) geniet en talle bewonderaars, meelopers en sikofante het hulle by die surrealis geskaar. Ongelukkig het sy sug na geld ook gesorg vir die neerhalende bynaam, “Avida Dollars” (gulsig vir dollars). Dit het finansieel voor die wind gegaan met die egpaar en Dalí het kommersiële werk begin doen: hy het onder meer in advertensies verskyn en handelsmerke vir suigstokkies en sjokolade ontwerp. Na Gala se dood en gevolglik ’n huwelik van 53 jaar, het Dali homself toegesluit in sy Púbol-kasteel, die gordyne toegetrek en begin treur. Hy het sy vriende vermy en almal verbied om Gala se naam voor hom te noem. In The Unspeakable Confessions (1973) beskryf hy sy liefde vir Gala so – die kasteel self was ’n testament van sy liefde:
Everything celebrates the cult of Gala, even the round room, with its perfect echo that crowns the building as a whole and which is like a dome of this Galactic cathedral. When I walk around this house I look at myself and I see my concentricity. I like its moorish rigour. I needed to offer Gala a case more solemnly worthy of our love. That is why I gave her a mansion built on the remains of a 12th century castle: the old castle of Púbol in La Bisbal, where she would reign like an absolute sovereign, right up to the point that I could visit her only by hand-written invitation from her. I limited myself to the pleasure of decorating her ceilings so that when she raised her eyes, she would always find me in her sky.
In 1984 het ’n brand onder verdagte omstandighede in die kasteel uitgebreek en die skilder met erge brandwonde gelaat. Die hospitaalpersoneel het ontdek dat Dalí aan erge wanvoeding ly; hy het ná Gala se afsterwe ophou eet en weggekwyn tot hy slegs 34 kg geweeg het. Dalk is daar ’n ánder betekenis, ’n ironiese self-vervullende profesie verbonde aan Die metamorfose van Narsissus. Gala het heel waarskynlik aan ’n (kwaadwillige) narsistiese persoonlikheidsversteuring gely, vandaar haar absolute kontrole oor Dalí. Hierdie versteuring is ontleen aan die klassieke Narsissus. Dus, as Gala Dalí se metaforiese narsisme/weerkaatsing was, dan het hy letterlik en figuurlik weggekwyn ná haar dood, soos die een weergawe van die mitiese Narsissus ook suggereer. Maar dit is nie Gala se naam wat Dalí op sy sterfbed genoem het nie – dit was Lorca s’n.
“You are a Christian storm and you are in need of some of my paganism […] I will go get you and give you some seaside medicine. It will be winter and we will light a fire. The poor beasts will be trembling with the cold. You will recall that you are an inventor of marvelous things and we will live together with a portrait machine…”
Bogenoemde passievolle fragment dateer uit ’n brief wat Dalí in 1928 vir sy vriend Frederico García Lorca geskryf het. Lorca en Dalí het mekaar ontmoet in 1923 waar hulle as studente saam tuisgegaan het in die Residencia de Estudiantes. Die filmvervaardiger, Luis Buñuel, en skrywer Pepin Bello was deel van dié binnekring van opkomende kunstenaars, en die vier vriende was onafskeidbaar.
Die briewewisseling tussen Dalí en Lorca het sedert 1925-1936 geduur. Joernalis Víctor Fernández het die versameling briewe byeen gebring en gebundel. Veertig briewe van Dalí gerig aan Lorca het behoue gebly, en slegs sewe van die briewe van Lorca aan Dalí het oorleef, waarskynlik omdat Gala uit jaloesie van die briewe opgeskeur het. Fernández verwys ook na briewe wat ‘iemand’ (Gala) bygedam het met ’n skêr en sekere woorde uitgeknip het.
Die briewewisseling is ’n spel van verleiding tussen die digter en skilder. Lorca gee vir Dalí sy woorde, en laasgenoemde, wat graag op dieselfde intellektuele vlak as Lorca wou wees maar besef hy kon nie, het in ruil daarvoor Lorca die subjek van sy kuns gemaak. Daar is niks seksueel eksplisiet aan die briewe nie (en hier val dit mens op dat van al die voyeurs in hierdie ongewone liefdesintrige, die leser ook een word as die briewe gefynkam word vir erotiese ‘leidrade’.) Dalí het Lorca wel aangemoedig om ’n verhouding met Margarita Manso aan te knoop, ’n versoek waaraan hy gehoor gegee het. Dit was egter met Dalí se kritiek teen Lorca se Romancero gitano dat daar amper ’n breuk tussen die twee vriende gekom het, maar niks wat die vriendskap permanente skade berokken het nie. Na Lorca se teregstelling deur regse nasionaliste tydens die Spaanse Burgeroorlog, het die digter se stem stil geraak. Maar Dalí het nie vergeet nie: Lorca het weer sy opwagting begin maak in sy kuns. Tydens onderhoude het die skilder erken dat sy vriendskap met Lorca nie kon lei tot ’n lewensvatbare verhouding nie, alhoewel hy baie geheg was aan sy vriend. Dit was ’n tragiese liefde waarin hy, wat Dalí is, nie ’n deelgenoot kon wees nie. Hy het ook erken dat Lorca hom twee maal probeer verlei het, maar dat hy nooit toegegee het aan sy attensies nie. Daar is historici en biograwe wat verskil en vermoed dat Dalí en Lorca wel ’n verhouding gehad het. Volgens ’n verpleegster wat Dalí, bejaard en sterwend versorg het, was die maestro se laaste woorde “my friend Lorca”.
Federico Lorca het hierdie aangrypende ode aan Salvador Dalí geskryf.
Ode to Salvador Dalí
A rose in the high garden that you desire.
A wheel in the pure syntax of steel.
The mountain stripped of impressionist mist.
Greys looking out from the last balustrades.
Modern painters in their black studios,
Sever the square root’s sterilized flower.
In the Seine’s flood an iceberg of marble
freezes the windows and scatters the ivy.
Man treads the paved streets firmly.
Crystals hide from reflections’ magic.
Government has closed the perfume shops.
The machine beats out its binary rhythm.
An absence of forests, screens and brows
Wanders the roof-tiles of ancient houses.
The air polishes its prism on the sea
and the horizon looms like a vast aqueduct.
Marines ignorant of wine and half-light,
decapitate sirens on seas of lead.
Night, black statue of prudence, holds
the moon’s round mirror in her hand.
A desire for form and limit conquers us.
Here comes the man who sees with a yellow ruler.
Venus is a white still life
and the butterfly collectors flee.
Cadaqués, the fulcrum of water and hill,
lifts flights of steps and hides seashells.
Wooden flutes pacify the air.
An old god of the woods gives children fruit.
Her fishermen slumber, dreamless, on sand.
On the deep, a rose serves as their compass.
The virgin horizon of wounded hankerchiefs,
unties the vast crystals of fish and moon.
A hard diadem of white brigantines
wreathes bitter brows and hair of sand.
The sirens convince, but fail to beguile,
and appear if we show a glass of fresh water.
Oh Salvador Dalí, of the olive voice!
I don’t praise your imperfect adolescent brush
or your pigments that circle those of your age,
I salute your yearning for bounded eternity.
Healthy soul, you live on fresh marble.
You flee the dark wood of improbable forms.
Your fantasy reaches as far as your hands,
and you savor the sea’s sonnet at your window.
The world holds dull half-light and disorder,
in the foreground humanity frequents.
But now the stars, concealing landscapes,
mark out the perfect scheme of their courses.
The flow of time forms pools, gains order,
in the measured forms of age upon age.
And conquered Death, trembling, takes refuge
in the straightended circle of the present moment.
Taking your palette, its wing holds a bullet-hole,
you summon the light that revives the olive-tree.
Broad light of Minverva, builder of scaffolding,
with no room for dream and its inexact flower.
You summon the light that rests on the brow,
not reaching the mouth or the heart of man.
Light feared by the trailing vines of Bacchus,
and the blind force driving the falling water.
You do well to place warning flags
on the dark frontier that shines with night.
As a painter you don’t wish your forms softened
by the shifting cotton of unforeseen clouds.
The fish in its bowl and the bird in its cage.
You refuse to invent them in sea or in air.
You stylize or copy once you have seen,
with your honest eyes, their smal agile bodies.
You love a matter defined and exact,
where the lichen cannot set up its camp.
You love architecture built on the absent,
admitting the banner merely in jest.
The steel compass speaks its short flexible verse.
Now unknown islands deny the sphere.
The straight line speaks of its upward fight
and learned crystals sing their geometry.
Yet the rose too in the garden where you live.
Ever the rose, ever, our north and south!
Calm, intense like an eyeless staute,
blind to the underground struggle it causes.
Pure rose that frees from artifice, sketches,
and opens for us the slight wings of a smile
(Pinned butterfly that muses in flight.)
Rose of pure balance not seeking pain.
Ever the rose!
Oh Salvador Dalí of the olive voice!
I speak of what you and your paintings tell me.
I don’t praise your imperfect adolescent brush,
but I sing the firm aim of your arrows.
I sing your sweet battle of Catalan lights,
you love of what might be explained.
I sing your heart astronomical, tender,
a deck of French cards, and never wounded.
I sing longing for statues, sought without rest,
your fear of emotions that wait in the street.
I sing the tiny sea-siren who sings to you
riding a bicycle of corals and conches.
But above all I sing a shared thought
that joins us in the dark and the golden hours.
It is not Art, this light that blinds our eyes.
Rather it is love, friendship, the clashing of swords.
Rather than the picture you patiently trace,
it’s the breast of Theresa, she of insomniac skin,
the tight curls of Mathilde the ungrateful,
our friendship a board-game brightly painted.
May the tracks of fingers in blood on gld
stripe the heart of eternal Catalonia.
May stars like fists without falcons shine on you,
while your art and your life burst into flower.
Don’t watch the water-clock with membranous wings,
nor the harsh scythe of the allegories.
Forever clothe and bare your brush in the air
before the sea peopled with boats and sailors.
Vertaling: A.S. Kline
Foto 1: Metamorfose van Narsissus
Foto2: Dali en Gala
Foto 3: Dali en Lorca
Verwysings:
https://www.gq-magazine.co.uk/article/salvador-dali-
https://culturacolectiva.com/art/federico-garcia-lorca-and-salvador-dali-
Dankie, me Bennett! “Verlaat je vrouw. Verlaat je minnares. Verlaat je hoop en angsten. Laat je kinderen achter in het veld. Laat het zekere voor het onzekere. Vertrek en ga op weg!” het André Breton gesê. Dit was juis hy wat die anagram van Salvador Dalí se naam, Avida Dollars, uitgedink het.
‘n Gedagte van Dalí: “Er zijn daden van geweld, verachtelik en irrationeel, die steeds weer het verwaarloosde morele panorama verlichten, met hun verblindende voorbeeld.”