in skubbe
in vlerk
die vuur
van water
nabye hemel
deur lug
is
plotseling
wees
soos gister
se
ge-graat-te
wa-ter
om daar
in ewen-as
berigte
te vind
wat
kou
aan deugde
wat was
as sterre
wit
vlerk
die aarde
asem
en skubbe
in merke
lê
op kieue
wat
aanstons
sal brand
tot waarde
want hemel
is
ge-
vlerk-te
we-se
wat
ont-hou
verteer
in nou-e
as visse
buffer
ry
aan
buffer
van
mensge-
maak-te
karre
kom
vlinder
die vlug
as
hemel-se
is-se
ge-
brand-
merk
deur
tem-
pora-
le
nis-se
en
vlerk
is
vo-
ëls
se
vl-is
in
die
nis
© Bester Meyer, 2021