“I could fill a second life with my work” – MC Escher
Vir Jetta
ons twee is een
met die onsterflikheid
wat nou al reeds
in ons are
klop
om te onthou
is om lief te hê
die blom
van liefde
wat jy vashou
in ons tweeledigheid
gister het Mic Jagger
gevra om ʼn afdruk
te gebruik
vir ʼn albumomslag
maar my antwoord
was, nee, my lief
ook is ek
nie sy Maurits nie
het ek laat weet.
vir hom is ek:
MC Escher
maar vir jou, my lief
is ek die ek
wat ons liefde verstaan
as wiskundige vergelyking
vir jou is ek
Bach se musiek
wat afdrukke teen my
mure agterlaat
vir jou is ek
dag en nag
wat een word
soos wit en swart
en vis en voël
maar enersyds
is jy ook die ek
wat die blom weet
wat ek in jou
hand
kom neerlê het
© Bester Meyer, 2021
Wonderlik Mooi eenvoudig