
Limerick, Ierland, waar die limeriek-vorm ontstaan het.
LW: DIE PRYSGELD VIR HIERDIE KOMPETISIE WORD VERDUBBEL TOT R1 000 EN DIE SLUITINGSDATUM WORD UITGESTEL TOT 15 NOVEMBER.
Versindaba borg in die volgende maand ‘n limeriek-kompetisie en nooi alle belangstellendes om limerieke te stuur oor enige onderwerp wat tans relevant is.
https://www.litnet.co.za/so-skryf-mens-n-limeriek/
Enige persoon mag ‘n maksimum van VYF limerieke voorlê vir publikasie. Die bestes sal gepubliseer word. Geen addisionele limerieke mag ongeplaastes vervang nie. Limerieke word as Word-aanhangsels gestuur aan taljard.marlies@gmail.com Moet asseblief nie die limeriek as e-posteks stuur nie.
Limerieke wat aanstootlik, kwetsend, neerbuigend of beledigend is ten opsigte van mense of sosiale groepe, sal nie geplaas word nie. Vermy asseblief partypolitiek en godsdiens – dié temas kry mens maklik in die moeilikheid. Hou die limerieke lig en tong-in-die-kies!
Sluitingsdatum: 15 November 2021
Prysgeld vir wenner: R1 000.
Marlies Taljard: Inhoudsbestuurder: Versindaba
