Marieta McGrath se gedig “sareltjie slaplê van klawer” was is die wengedig.
Die beoordelaars het in hierdie kompetisie veral gelet op die korrekte vorm van die limerieke. Hierdie digvorm het vaste reëls, en indien dit nie nagevolg word nie, kan die gedig nie as ‘n limeriek beskou word nie. Verder het die beoordelaars gekyk na die laaste reël, die sogenaamde “punchline” wat verrassend en dikwels grappig is. Uiteindelik is daar in die meeste kompetisies ‘n hele paar potensiële wengedigte, en ook in hierdie kompetisie was dit vir die beoordelaars moeilik om uiteindelik slegs een wengedig aan te wys. Baie geluk aan Marieta McGrath wat met die kontantprys van R1 000 wegstap!
Hoewel daar byna 70 inskrywings vir hierdie kompetisie ontvang is, het minder as 20 gedigte as limerieke gekwalifiseer en is sommige gedigte wat baie goed was, gediskwalifiseer.
Baie dankie aan elke digter wat deelgeneem het. Dit is inderdaad soms vreesaanjaend om jou werk in die openbare domein te plaas, daarom het ons soveel meer waardering vir elke inskrywing!
Die beoordelingspaneel het bestaan uit die volgende letterkundiges:
Prof. Bernard Odendaal
Dr. Marni Bonthuys
Dr. Alwyn Roux
Wengedig
Sareltjie Slaplê van Klawer
Het heeldag gedut in die hawer
Toe steek hom ‘n wespe
Net onder sy gespe
Sareltjie Styfstaan van Klawer …
© Marieta McGrath, 2021