Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 November 202125 November 2021

Nuwe Bundel. Nachoem M. Wijnberg: Liedjes / Liedjies

 

 

Liedjes / Liedjies

Nachoem M. Wijnberg

Vertaal deur Daniel Hugo

Wijnberg se poësie word gekenmerk deur helder, byna deursigtige taal. In hierdie bundel is daar ’n durende soeke na die regte woorde waarmee ragfyne verhoudings, vervlietende oomblikke en eenvoudige dinge soos die geur van appels, ’n tuin, ’n voël in die lug, ’n sonsondergang of die nabyheid van mense bestendig kan word. Liedjies moet soms herstel wat gebreek het, soms die vergeet besweer, soms naboots wat net half onthou word. Al is daar musiek, dans en grappe, soek die digter steeds na dié liedjie wat dalk iewers bly lê het en wat dalk die droefheid oor wat verbygaan en verlore is, kan besweer.

 

Oor die outeur

Nachoem Wijnberg debuteer in 1989 as digter en het sedertdien 18 digbundels en vyf romans gepubliseer. Vir sy poësie het hy onder meer die Ida Gerhardt-, VSB- en P.C. Hoofdprys ontvang.

Wijnberg is hoogleraar in Kulturele Ekonomie en Ondernemerskap aan die Sakeskool van die Universiteit van Amsterdam.

 

Oor die vertaler

Daniel Hugo het sedert sy debuut in 1981 reeds 17 digbundels gepubliseer. Hy het talle pryse vir sy werk as radio-omroeper ontvang, onder meer tien ATKV-pryse, Artestoekennings en die Akademie se Erepenning vir Radiohoorbeelde. Vir sy vertaling van Nederlandse literêre werke in Afrikaans is die Van Ewijck-stigting se prestasiebeurs vir die bevordering van kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in 2015 aan hom toegeken.  Sy vertalings is reeds twee keer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon, naamlik vir romans van Tom Lanoye (Sprakeloos) en Stefan Hertmans (Oorlog en terpentyn).

 

[Imprimatur, 2021]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Rina Cascione: Meer as woorde
Skakel na resensie van “Liedjes/Liedjies” (Nachoem Wijnberg) soos vertaal deur Daniel Hugo →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d