Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 December 20213 December 2021

Alwyn Roux. Samespraak 2021: ʼn oorsig

Samespraak het gedurende 2021 ʼn waardevolle ruimte geskep vir die aanbied van “werk-in-uitvoering” wat in werkswinkelopset aangebied was oor verskillende aspekte van die vergelykende (transnasionale) Afrikaanse en Nederlandse letterkunde.

Op ons Facebookblad gebruik ons juis ʼn aanhaling van prof Yves T’Sjoen, wat Samespraak soos volg tipeer: “Geen leerstoel, maar een internationale en interuniversitêre leertool”. Samespraak het inderdaad ʼn nuttige gereedskapstuk vir kollegas oor die waters heen geword om met mekaar in gesprek te tree oor hulle navorsingswerksaamhede.

Gedurende 2021 was daar 12 referate by Samespraak in werkswinkelopset gelewer, een skrywerswerkswinkel saam met Alfred Schaffer, wat vanjaar ons “skrywer in residensie” was, en ʼn skrywersonderhoud met die Nederlandse digter Nachoem M. Wijnberg, wat ingestem het om gedurende 2022 ons gasskrywer te wees.

Die referate wat vanjaar by Samespraak gelewer was, kan hieronder bekyk word:

  • Op 24 Febuarie het ons afgeskop met drie referate. Yves T’Sjoen (UGent) het ʼn uitstekende vertrekpunt vir die jaar se verrigtinge gelewer met sy referaat Met Alfred Schaffer op de brug; Martina Vitackova (UGent) het ʼn referaat gelewer met die titel Er gebeurde kanker. Autobiografische narratieven van vrouwelijke borstkankerpatiënten in het Nederlands en het Afrikaans, en Andries Visagie (US) met sy referaat, getiteld Vanuit ʼn gedeelde literêre klimaat: ‘Die man met die swaar been’ van Jan Rabie en en ‘Wat gebeurde er met sergeant Massuro’ van Harry Mulisch;
  • Op 24 Maart het ons drie referate van ons jonger kollegas aangehoor. Delia Rabie (UP) het ʼn referaat gelewer met die titel ‘n Analise van die konseptualisering van verlies in Blou is nie ‘n kleur nie en De dag aan zee; Francine Maessen (UvA) se referaat, getiteld De nieuwe generatie ecokritiek: een vergelijking tussen Pieter Odendaals Asof geen berge ooit hier gewoon het nie en Dominique de Groens Sticky drama, en laaste maar nie die minste nie, Jessica van Wynsberge (UGent), met Magisch realisme in postkoloniaal perspectief: Toorberg van Etienne van Heerden en De trein der traagheid van Johan Daisne;
  • Die derde ontmoeting op 28 April, het twee lesings opgelewer: Jerzy Koch (UAM) met sy referaat, getiteld Literêr-historiese laboratorium van die Afrikaanse literatuur (en video twee) en ekself met Van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld (2019) as teoretiese vertrekpunt vir die vergelykende lees van Schaffer se Mens dier ding (2018 [2014]) en Krog se Met die oog op môre (2020).
  • ʼn Hoogtepunt vanjaar was Alfred Schaffer se skrywerswerkswinkel op 26 Mei, waarin hy ʼn praatjie aangebied het oor die ontwikkeling van sy werk as digter. Die titel hiervan was Van binnen naar buiten / Van buiten naar binnen. Van Opkomst tot strafregels (en video twee en drie);

  • Die tweede semester het in Augustus afgeskop en op 25 Augustus het Alexander Van de Sijpe (UGent) ʼn lesing gelewer oor Miriam Van hee, getiteld Miriam Van hee in het Afrikaans. Transnationaal onderzoek naar actoren en kritische beeldvorming; Carina van der Walt (onafhanklike navorser) het haar referaat gelewer oor Strijdom van der Merwe as Afrikaanse Mondriaan: van landkuns na skilderkuns via beeldhoukuns;
  • Op 28 September het ek die voorreg gehad om met die Nederlandse digter Nachoem Wijnberg (en video twee) in gesprek te tree. Ons sien uit na die verskyning van die Afrikaanse vertaling van sy bundel Liedjes/Liedjies, wat een van die dae op die rakke van Suid-Afrikaanse boekwinkels gaan wees;
  • By die voorlaaste byeenkoms op 27 Oktober het ons webontwerper en ondervoorsitter Remona Voges (voorheen aan die US gestudeer) ʼn referaat gelewer, getiteld Beaufort-Wes se beautiful woorde: ‘n herbesoek van die film Beautiful in Beaufort-Wes, en Bibi Burger (van UP) het met haar referaat, getiteld Die uitbeelding van vroue in Laat Vrugte deur CM van den Heever en De Vlaschaard deur Stijn Streuvels die werksjaar op ‘n hoogtepunt afgesluit.

Die keerdatum vir die spesiale Schaffer-Samespraak-uitgawe van Stilet is 15 Julie 2022. Hier is die skakel na die oproep om bydraes: https://versindaba.co.za/2021/10/18/oproep-om-bydraes-spesiale-alfred-schaffer-uitgawe-stilet/. Let wel: die spesiale nommer van Stilet word nie beperk tot Samespraaklede nie, maar is ook ʼn oproep aan navorsers wat navorsing doen oor Alfred Schaffer en nie deel was van Samespraak in 2021 nie.

Gedurende 2022 sal die SAVN een van Samespraak se amptelike medewerkers wees. Kyk gerus die aankondiging van die voorsitter van die SAVN, Adri Breed, oor die samewerking tussen die SAVN en Samespraak, sowel as die splinternuwe taalkunde-been van Samespraak vanaf 2022.

Ons is dan ook baie dankbaar vir die finansiële steun van die Afrikaanse Taalraad (ATR), veral rakende die instandhouding van die Samespraakwebblad.

Gedurende 2022 gaan die taal- en letterkundesessies altesaam 18 referaatgeleenthede hê (dit is, altesaam ses ontmoetings, plus ‘n skrywerswerkswinkel en beoogde miniseminaar). Stuur gerus ʼn e-pos aan Alwyn Roux by erouxap@unisa.ac.za indien jy volgende jaar wil deelneem aan ons navorsingsportaal.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Oproep om bydraes: spesiale Alfred Schaffer-uitgawe (Stilet)
Alwyn Roux. Samespraak: Daniel Hugo, Nachoem M. Wijnberg en Martjie Bosman →

1e kommentaar op “Alwyn Roux. Samespraak 2021: ʼn oorsig”

  1. Joan Hambidge says:
    2 December 2021 at 15:10

    Baie dankie hiervoor, Alwyn. Belangrike kwessies oor transnasionalisme en vergelykende literatuur.
    Ek lees nou Wijnberg se gedigte – asemsnakkend mooi. Joan

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar
  • Joan Hambidge. Road Rage
  • Digtersprofiel: Lynthia Julius

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d