Julle word hartlik uitgenooi na die eerste aanlyn seminaar van Samespraak vanjaar. Dié geleentheid vind op Woensdag, 2 Maart, van 11:00 tot 12:30 (Pretoria) / 10:00 tot 11:30 (Amsterdam) op die Zoom-platform plaas. Tydens dié geleentheid sal Yves T’Sjoen en Alwyn Roux in gesprek wees met Nachoem M. Wijnberg, Daniel Hugo en Martjie Bosman oor Hugo se vertaling van Wijnberg se digbundel Liedjes (2006) in Afrikaans, wat onlangs by Imprimatur Uitgewery verskyn het. Klik op hierdie skakel om die aanlyn seminaar by te woon. Meeting ID: 846 4392 1321 / Passcode: 176708. Vir meer inligting, kontak Alwyn Roux by erouxap@unisa.ac.za.