Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 December 20216 December 2021

Sunita Keyser. Verbintenis

 

verbintenis

 

noudat jy geknak is

op my bang elmboog moet leun

dat ons skuifel-skuifel

deur die laaste seisoen kan loop

verstaan ek eers

my eie haikoedig

lank gelede neergestip

wat vertel van tye

– toe dit maklik was

dink ek dat dit moeilik is

maar weet nou beter –

vrees ek eers

my lykgedig

– as jy eerste moet gaan

is ek die een wat laastelik

jou menswees

in ’n kissie met as

by die ondernemer sal gaan haal

om snarsies van jou te strooi

op al die plekke waar ons eenmaal was

omdat jy vir altyd sal wil wees

in die kwantum van jou bestaan

waar lammers in die hawer speel

’n erdvark in die maanlig dwaal –

onthou ek  eers

my liefdesvers

– êrens het jy vir my

’n stukkie geel gepluk

met in jou oë dankie

dat van hierdie wêreld

ons twee ook ’n deeltjie is –

weet ek eers

dat mymer oor vergane tyd

die waarheid is

want aaneengestring is jaar op jaar

wentelings van hierdie aarde

om die son

’n sirkelgang wat telkens stol

van bloeisel tot volronde vrug

die verkleurde blaar wat sug

en eindelik los

’n vermaerde tak alleen

in die winterkou wat wag

tog in die kroes van elke lewe

versmelt die ritme van ons tyd

dat net twee getye bly

die groen seisoen van jonk

wat vorentoe wil reik

en ’n laaste vale stond van peins

en nademaal terug na alles kyk

met net skrale woorde

en verbintenis

 

© Sunita Keyser, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Sunita Keyser. Verbintenis”

  1. Helene Pretorius says:
    5 December 2021 at 23:45

    waar lammers in die hamer speel
    vingerfout?
    waar lammers in die hawer speel

    Reply
  2. Helene Pretorius says:
    5 December 2021 at 23:17

    Jyverwoord presiew wat ek op hierdie stadium van my lewe ervaar.
    Sal graag jou gedig in ‘n voorlesing wil gebruik.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d