Occam-snoeiskêr
Die boom, enige boom –
Sal dit nou saak maak
of sonstrale deur die takke
soos soekligte
of soos ligswaarde lyk
of die blare filters of blindings is
wat stippels son op ’n lap skadu neerlê
dalk lemme wat sonskyn opkap
en splinters lig laat spat
net drie systappe na links
of vier systappe na regs
vat die boom uit die pad van die son
© Anton Dockel, 2021

Called Ockam’s razor (more commonly spelled Occam’s razor), it advises you to seek the more economical solution: In layman’s terms, the simplest explanation is usually the best one. Occam’s razor is often stated as an injunction not to make more assumptions than you absolutely need.