Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 December 20216 December 2021

Cyril JM Clarke: a probatio pennae: Hebban olla vogala…

 

a probatio pennae1: Hebban olla vogala…2

 

Vlaamse vadertjie

toe jy –

in die vaal kloosterscriptorium van Kent

met die gedurige gegriffel van veerpenne op perkament

soos die stil geskarrel van vaalmuisvoetjies –

die varsgesnyde punt van jou gansveerpen

moes proef

krabbel jy

op die skutblad van jou manuskrip

a pueritia memoria3

’n liefdesvers

uit jou vaderland

in jou moedertaal:

al die voëls het reeds begin nesmaak,

behalwe ek en jy…

 

was dit ’n geval van

wat die hart van vol is

loop die gemoed van oor

 

kom patertjie

buig jou stywe dop

en laat jou nonnatjie effe opsy

sê tog

op ’n manier

vir my

waarom wag julle toe nog…

 

© Cyril JM Clarke, 2021

 

 

1 “a probatio pennae”(Latyn) – ’n penpuntproef/penneproef

2 “Hebban olla vogala nestas hagunnan hinase hic anda thu”.

“Wat unbidan we nu?”

Vermoedelik Oudnederlandse reëls van ’n liefdevers (na bewering as penpuntproef deur ’n Vlaamse monnik-skriba in ongeveer 1100 op die skutblad van ’n manuskrip in ’n klooster in Kent, Engeland geskryf.)

Vry vertaal:

Alle voëls het reeds begin nesmaak, behalwe ek en jy.

Waarom wag ons dan nou/nog?

 3 “a pueritia memoria” (Latyn): jeugherinnering

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d