Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 December 20216 December 2021

Cyril JM Clarke: dodedans

 

dodedans

 

’n kleindorpse kadriel

 

die atmosfeer

in die koel interieur

van die imposante sandsteenkerk

is droefgeestig-gewyd

 

op die orrelgalery

die orreliste

slaggereed

voor die orrel

by die majestueuse orrelpype

op die kansel

roerloos

die prediker

’n mens-grootte vlermuis

in sy swart toga

met hoëpriesterlike swart fluweeltosseltjies

reg voor die kansel

die gereserveerde voorste gestoeltes

vir die familie – verkieslik stemmig geklee in swart

dan

die res van die gemeente

almal is daar

hy was ’n geliefde lid van sy gemeenskap

mens moet tog jou laaste eer betoon

die kerkklok dong-dong diep die laaste voltooide lewensjare

van hom wat ons voorafgegaan het

 

die soliede swaar swarthout-dubbelhoofdeure

gaap geruisloos oop

die orreliste hef aan

die gedrae donker dodemars

uit die oratorium “Saul” van Händel – molto maestoso

die vlêrmens vlieg orent

die teenwoordiges staan

rig hul oë

afwagtend soos bruilofsgangers

wat die binnekoms van die bruid verwag

op die gapende gang

wat die hoofskip van die heilige tempel

ewewydig verdeel

 

voor stap die langslewende eggenote

stemmig geklee

in ’n swart hoed – met smaakvolle gesigsluier

byderwetse dog sindelike swart tabberd

ARWA sheer gunmetal-sykouse

swart hofskoene

agterna

hulle wat

tot in die derde en vierde geslag

die afgestorwe geliefde innig liefgehad het

soos ’n swerm skroppende swart rawe

tot by die vooraf-uitverkore ereplek

almal sit

behalwe die voorganger

die finale orrelakkoorde

sterf

weg

 

die vlermuis

profeteer

sy volle geallokeerde uur

tot lof van die ontslape broeder

hy sal gemis word

hy was in sy gemeeskap

’n Seder van die Libanon

tot troos van die familie

sy plek is leeg

maar hy is

waarskynlik

reeds een van die grootste edelgesteentes

in die Meester se kroon

tot stigting van die gemeente

geliefdes

maak julle saak reg

ons bewandel almal dié dal van donker skadu’s

 

by die oop graf

tussen ’n menigte marmer- en grysgranietmonumente

almal opgerig

in liefdevolle herinnering aan dese en gene

word die stoflike oorskot

van die ontslape geliefde

in die duursame houtkis

behendig

ter aarde bestel

die bedroefdes onttrek

die graf word toegegooi

die vars hoop grond

van bo tot onder

verdoesel met wit-en-pers

plastiekkranse

aangedra deur meelewendes

 

die nabetragtingstee

is ’n kulinêre katarsis

daar’s

toebroodjies

vleispasteie

sop

koffie

tee

koeke

terte

en koeksisters

’n mens stuur hulle wat ver gereis het

nie honger huis toe nie

selfs die weduwee

emosioneel ontdaan

sit

getroos en gelawe

argeloos

en pik

aan ’n smaaklike skyf tradisionele melktert

 

© Cyril JM Clarke, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Cyril JM Clarke: dodedans”

  1. Pieta van Deventer says:
    19 October 2024 at 20:34

    Lees dit weer en speel die Dodemars uit Saul van Handel in agtergrond. Maak sin, nie waar nie?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d