Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 December 20216 December 2021

Cyril JM Clarke: kantaantekening: 1420

 

kantaantekening: 14201

 

Hic non defectus est, sed cattus minxit desuper nocte quadam.2

 

met die teks

op dié bladsy

skort niks

alhoewel

een van die skryfkamer

se muiskatte

slinkse

swernoot

swerkater

het oornag

op my oop manuskrip gewater

aldus

die aaklige

ondraaglike

onuitstaanbare stank

 

as die skriba weg is

is elke kater mos koning

dan kattemaai en kerjakker

die kattegeslag

hou kattekonsert

met ’n gesis en kattegetjank

’n gekerjakker gejoel en gejou

sonder om vir handgeskrewe tekste

’n snars oor te hou

snags is alle blikskaterse katte mos grou

 

vervloek

is die verpestelike pister

en die hele vermaledyde

muisvangergeslag

domestica cattus

oor die walglike walm

 

nota bene

agbare medebroers

dalk moet ons

saans voor vesper

manuskripte toemaak

en die scriptorium-deur

oop

© Cyril JM Clarke, 2021

 

 

 1 In Middeleeuse biblioteke en scriptoria (skryfkamers by kloosters) het katte (bekend as “muiskatte/muisvangers”) tussen die boekrakke rondgesluip op soek na rotte en muise wat aan bladsye van die perkamentmanuskripte sou peusel en ‘n leeftyd se werk vernietig. Een so ‘n kat het in 1420 in die skryfkamer van die klooster in Deventer (‘n ou stad in die provinsie Overijssel, Nederland) besluit om vir die monnike ‘n ekstra spesiale geskenk te laat terwyl hy die vloere van ongediertes skoonmaak … Hy het op ’n oop manuskrip gepiepie!

 

2 Die nota wat die monnik op die bladsy van die manuskrip gemaak het:

Oorspronklike Latyn: “Hic non defectus est, sed cattus minxit desuper nocte quadam. Confundatur pessimus cattus qui minxit super librum istum in nocte Daventrie, et consimiliter omnes alii propter illum. Et cavendum valde ne permittantur libri aperti per noctem ubi cattie venire possunt.”

Afrikaanse vertaling: “Hier skort niks nie, maar ‘n kat het gedurende ‘n sekere nag hierop geürineer. Vervloek is die lastige kat wat gedurende die nag in Deventer oor hierdie boek geürineer het en daarom ook alle ander [ katte]. En pasop om nie saans manuskripte, waar katte kan bykom, oop te los nie.”

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d