algebra is die kuns
van die konsentraat
e = mc2
het die potensiaal
om ons blou en waterryke planeet
woes en onherbergsaam te laat
in die verhouding
Δx Δp ≥ ½Ћ
is elke simbool die fassade
van ‘n onbewoonde graf –
indrukwekkende kodes
om die Niks te sê
© Li-Mari de Villiers, 2021
