Oudtshoorn
Lank strek oggendstrale
oor sluimerende strate.
Vir oulaas wuif ‘n briesie
oor laasnag se passie.
Vroegdag skimmel die hitte
en in lope sing sonbesies.
Slurpe maak riviere leeg
wagtend op Outeniqua se guns.
‘n Aandbries bring weer lewe
en roep geeste uit die Kango,
om rituele uit die rante te trap
van genot lankal vergeet.
© Louw Kruger, 2021
