Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 December 202112 December 2021

Franco Colin. John Lennon and Yoko Ono. New York 2980

 

John Lennon and Yoko Ono. New York 1980.

Na ‘n foto van Annie Liebovitz.

 

Hoe kon jy weet dat jy daardie dag Annie,

‘n memento mori sou skiet?

Jy wou albei naak fotografeer

maar Yoko poseer

 

in swart, met haar hare uitgewaaier

soos wier in water  ̶  ‘n hedendaagse

Ophelia; John lê fetusbaar, linkerbeen

byna vertroostend oor haar

 

geknak tot piramide, omarm

haar gelaat soos ʼn boei ʼn drenkeling

sou, sy lewenskus op haar wang gevries;

 

om die paring van ʼn pasifis en ʼn fluxis

hang reeds ʼn lanfer raam  ̶  ‘n begrafnis-

brief vir die doodskoot vyf ure later.

 

© Franco Colin, 2021

 

[Fluxus: ‘n kunsbeweging wat die proses van skepping

as hoër prioriteit ag as dié van die produk.]

 

Sien die foto by die volgende skakel. Waarskuwing: Eksplisiete naaktoneel.

 

https://www.artsy.net/article/artsy-editorial-annie-leibovitz-perfectly-captured-yoko-johns-relationship

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Franco Colin. Robot-impies →

2e gedagtes oor “Franco Colin. John Lennon and Yoko Ono. New York 2980”

  1. Franco says:
    13 December 2021 at 07:43

    Nogtans baie dankie aan die redaksie vir die skakel. Hierdie skakel vertoon ook die “lanfer raam” van Me. Liebovitz se oorspronklike druk van die foto.
    https://www.artsy.net/artwork/annie-leibovitz-john-lennon-and-yoko-ono-new-york

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    12 December 2021 at 19:47

    Digters en lesers van die digkuns word nie gewaarsku oor eksplisiete naaktonele. Ons lees Breytenbach en De Lange al vir jare.

    Die gedig het nie die “waarskuwing” nodig nie.

    ‘n Gedig is veronderstel om grense te verskuif: op alle vlakke.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d