M.A. le Grange. Ware Noord
Ware Noord
Jy is die brandende bos hier binne my,
Wat ‘n wegholbrand in my versprei,
Jy is die wilde see wat jou golwe teen my bons,
Jy is die gedagtes wat genadeloos gons,
Jy is die bosveld, my vrede, my droom,
Die eindelose bron van goeie hoop,
Jy is my anker, my rots … onbreekbaar en sterk,
Die oorlog word onfeilbaar vir my geveg,
Jy is my skuilplek, my warmte, my huis,
My kompas, my rigting, jy bring my altyd veilig tuis,
Jy is my hartklop, my asem en meer
Sonder my Ware Noord kan ek nie leef.
© M.A. Le Grange, 2021
“My Ware Noord sal ek nie kan ontbeer”
Dit rym?
Maar rym is nie die hoogste heilige graal nie!
“Hulpvaardig”: … van die wal in die sloot. Ons leef nie meer in die tye van JFE Cilliers nie. Skoenmaker hou jou by jou lees.
As Zuki en Pippin mooi gelees het, sou hulle oplet dat hierdie gedig in koeplette rym. Daar is 2 “glipse” maar ‘n rymende koeplet op die einde kan net versterk veral as dit nog dieselfde betekenis het.
Miskien is die slot per opset nie rymend – te make met iets anders? Iets met die hoofletters, altemit, en wat hul uitspel? daar’s tog meer middele in ‘n digter se voorradekis as net die voorspelbare, die bekende.