Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 December 2021

M.A. le Grange. Ware Noord

 

Ware Noord

Jy is die brandende bos hier binne my,

Wat ‘n wegholbrand in my versprei,

Jy is die wilde see wat jou golwe teen my bons,

Jy is die gedagtes wat genadeloos gons,

Jy is die bosveld, my vrede, my droom,

Die eindelose bron van goeie hoop,

Jy is my anker, my rots … onbreekbaar en sterk,

Die oorlog word onfeilbaar vir my geveg,

Jy is my skuilplek, my warmte, my huis,

My kompas, my rigting, jy bring my altyd veilig tuis,

Jy is my hartklop, my asem en meer

Sonder my Ware Noord kan ek nie leef.

 

© M.A. Le Grange, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “M.A. le Grange. Ware Noord”

  1. Pippin Scholtz says:
    28 December 2021 at 20:53

    Miskien is die slot per opset nie rymend – te make met iets anders? Iets met die hoofletters, altemit, en wat hul uitspel? daar’s tog meer middele in ‘n digter se voorradekis as net die voorspelbare, die bekende.

    Reply
  2. Hulpvaardig says:
    28 December 2021 at 16:10

    As Zuki en Pippin mooi gelees het, sou hulle oplet dat hierdie gedig in koeplette rym. Daar is 2 “glipse” maar ‘n rymende koeplet op die einde kan net versterk veral as dit nog dieselfde betekenis het.

    Reply
  3. Zuki says:
    27 December 2021 at 18:37

    “Hulpvaardig”: … van die wal in die sloot. Ons leef nie meer in die tye van JFE Cilliers nie. Skoenmaker hou jou by jou lees.

    Reply
  4. Pippin Scholtz says:
    27 December 2021 at 15:37

    Maar rym is nie die hoogste heilige graal nie!

    Reply
  5. Hulpvaardig says:
    27 December 2021 at 15:01

    “My Ware Noord sal ek nie kan ontbeer”
    Dit rym?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d