Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 December 2021

Annora Eksteen. Dagbreekdans (Ses skilderye met ‘n sonneblom)

 

Dagbreekdans (Ses skilderye met ‘n sonneblom)

 

Die dag breek oor gedigte soos die skoonheid van son

deur ‘n kristalkoepel op ‘n eikehoutvloer wat alles verlig.

Dan begin die geel glans glinster op ‘n oopgekelkte blom.

 

Oor Welgemeend waar water kabbel in ‘n versameling alom

en oor Wellington waar wasig ‘n beeldetuin groei, welig in lug.

Die dag breek oor gedigte soos die skoonheid van son.

 

Ver en verder by Wits tot oor Wespark as die oggend kom

oor ‘n nederige nis se lank gelede 1970 skielike doodsberig.

Dan begin die geel glans glinster op ‘n oopgekelkte blom.

 

Oor boekrakke stukkende dakke mense nog slapend in Ōṁ

dansend deur vlaktevensters oor jong digterskoppe wat sug.

Die dag breek oor gedigte soos die skoonheid van son.

 

Die daeraad dans nou ‘n chanson op die pols van ‘n cajón,

dit skyn deur ‘n kantgordyn en vul die kamer pragtig in lig.

Dan begin die geel glans glinster op ‘n oopgekelkte blom.

 

Vers-moeg krabbel ek: ek is so geskok deur die lewe, daarom

werk ek aan in eensame nagte, my fokus op die môre gerig.

Die dag breek oor gedigte soos die skoonheid van son.

Dan begin die geel glans glinster op ‘n oopgekelkte blom.

 

© Annora Eksteen, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Annora Eksteen. Skulpe in my hand →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d