ou liefde
hulle sê: ou liefde roes nooit
weet hulle, ou liefde, raak later so
motgevreet en opgemuf en
jaar na jaar net nog – ouer?
daar loop ‘n tweespoorpad dekades
lank al tussen ek en jy en ons
jou voete, nooit op pad na êrens
my spore, altyd terug na nêrens
en twee ou-ou harte
deurgeroes gewag.
© Anri Potgieter