Sterrestelsel
Heuning drup van my lippe af,
’n Sterrestelsel na my hart;
Orion se belt
Ouma, die pad na ’n man se hart is toe nie deur sy maag
Soms mik ons te hoog.
Wat my hart van vol is,
Loop jou mond nou van oor.
Aangetrek deur die soet
Kaal uitgetrek deur die waarheid: Vroegmôredou
Die soet van my lippe, nou bitter, sout:
“Dankie vir gisteraand, dit was lekker”
“Lekker?”
O – en sê vir jou pa dankie vir die een ontbyt.
Regtig?
Spek en eiers vir die seer?
Ouma, watse boereraat is dit die?
© Franco Gericke, 2022