Die een met die moeilike naam
“Waarheen is jy op pad?”
‘n goue ketting weerkaats
in die straal wat ‘n gesig
net-net
mis.
Wolke toe.
Sy kyk voor haar uit.
En jy?
“Huis. Jy weet hoe dit gaan in hierdie land…”
“Noem my sommer Camela”
Haar naam beteken ‘too increase’
maar hy sukkel met die ‘c’ en die ‘x’ en die ‘q’-
almal verdien om hul naam reg te hoor.
Haar stem weergalm in ‘n leë bus,
die pad draai en swaai
en haar stories laat hom wonder
oor die land, mense,
die man daar bo.
“He will wipe our tears away.”
Sy staar weer by die venster uit-
haar verloofde geskiet,
haar inkomste toegedraai,
haar kind dood
en ouers arm
“Jy weet mos hoe dit gaan in hierdie land.”
“Waarheen is jy nou weer op pad?”
Wolke toe. Kom jy saam?
© Divan Bosman, 2022
