
Annie Playden – Apollinaire se eerste muse
Guillaume Apollinaire. Vertaling van Engels en Frans in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws
annie
aan die kus van texas
tussen mobile en galveston is daar
‘n groot tuin so vol rose
die tuin bevat ook ‘n villa
dis self ‘n groot roos
‘n vrou wandel dikwels
heel alleen in die tuin
en wanneer ek verbykom in die pad met lemmetjiebome belyn
dan kyk ons na mekaar
hierdie vrou is ‘n mennoniet
daarom het haar roosbome nie knoppies en haar klere nie knope nie
daar makeer twee aan my baadjie
ek en hierdie dame volg amper dieselfde voorskrifte
***
Annie
Guillaume Apollinaire
Sur la côte du Texas
Entre Mobile et Galveston il y a
Un grand jardin tout plein de roses
Il contient aussi une villa
Qui est une grand rose
Une femme se promène souvent
Dans le jardin toute seule
Et quand je passe sur la route bordée de tilleuls
Nous nous regardons
Comme cette femme est mennonite
Ses rosiers et ses vêtements n’ont pas de boutons
Il en manque deux à mon veston
La dame et moi suivons presque le même rite
Uit: Alcools, 1913
***
Annie
Guillaume Apollinaire
On the coast of Texas
Between Mobile and Galveston there is
A great big garden overgrown with roses
It also contains a villa
Which is one great rose
Often a woman walks
In the garden all alone
And when I pass on the lime-tree-bordered road
We look at each other
Since this woman belongs to the Mennonite sect
Her rose-trees have no buds and her clothes no buttons
There are two missing from my jacket
This lady and I are almost of the same religion
Uit: Apollinaire, Guillaume. 1965. Apollinaire: Selected Poems. Translated with an introduction by Oliver Bernard. Harmondsworth: Penguin Books (p. 29).

Biografiese profiel van Apollinaire geskryf deur homself:
In 1910, toe hy 30 was, het hy op aanvraag die volgende verskaf aan die redakteur van die tydskrif “La Revue blanche” ter geleentheid van die bekendstelling van sy bundel kortverhale:
“Ek weet nie wat om te sê nie. Ek het nie ‘n verlede nie, en vir hierdie rede moet ek verbly wees, soos volke sonder ‘n geskiedenis. Enkele reise in Europa, ‘La Revue blanche,’ ‘Le Festin d’Esope,’ die verdediging van skilders van wie ek hou, letterkunde, digkuns – dit is al wat daar is
aan die kredietkant in my grootboek.
“Ek skryf aan ‘n roman en ‘n toneelwerk en is besig om ‘n bundel van my gedigte saam te stel.Dit is my algehele persoonlike geskiedenis. My bates bestaan uit ‘n totale gebrek aan geld, ‘n kennis van die letterkunde wat, glo ek, uitgebreid is, ‘n paar tale lewend en dood, en ‘n nogal geskakeerde ervaring van die lewe.”
Bron: Steegmuller, Francis. 1973. “Apollinaire: Poet among the Painters.” Harmondsworth: Penguin Books (pp. 157-158).
Dankie, De Waal. Dis ‘n uitdagende gedagte.
Apollinaire was ‘n slagoffer van die groot griep. Voor sy opname in ‘n hospitaal in Parys, Nov. 1918, het gehoop dat sy lewe deur die bottel rum in sy jassak deurgedra sou word.
Jy kan gerus nog meer van Apollinaire vir ons laat lees, Waldemar.
Baie gaaf van jou, De Waal, met hierdie aanmerkings. Dankie!
Ek is bly Waldemar het die Franse en Engelse weergawes ook geplaas. Nou kan mens sien watter probleme die vertaler gehad het en hoe hy dit opgelos het.
Die Franse reël:
Qui est une grand rose
sou letterlik vertaal kon word as:
wat ‘n groot roos is
Die vertaler in Afrikaans het egter die woord “self” bygevoeg wat dit sterker en duidelike in Afrikaans stel.
Dan die reël:
Ses rosiers et ses vêtements n’ont pas de boutons
Hier het die vertaler die probleem gehad dat “boutons” in Frans “knope” beteken sowel as “blomknoppe”. Die vertaler het hier dus die roosbome “knoppies” gegee en die klere “knope”. Goeie oplossing.
Dit is ‘n mooi vertaling van die Franse gedig en dit lees gemaklik en spontaan.