Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 February 2022

Kobus Kotze. Daar waar die bus was

 

Daar waar die bus was

(Westdene-busramp 27 Maart ’85)

 

Daar waar die staalbus eens versuip het met al die kinders binne haar lyf

hulle stemme wat in die water saggies soos die organe van my ouma

koebaai gese het daardie dag toe ek nie daar kon wees nie het jy

my vir altyd alleen gelaat met die blinde afstand wat

tussen alle wesens en die lughawens binne ons bestaan

my mond het beweeg met die onvoorspelbaarheid van

vroegoggend karongelukke tussen plattelandse dorpe

vol kroeë met te veel spieëls & die grofkliphande van kensdronk

mans met ‘n dialek soos die van onbekende roofdiere skuim

om die mond en hygend oor alles wat nie meer is nie

 

& steeds, ek kon jou reuk nie peil nie maar jou wese wel

sien oopvlek soos ‘n vy uit ‘n lenteboom wat gegroei het

in ons siersteenhuiswoonbuurt waar oom Jakob homself

in die garage loop hang het een Sondagoggend voor kerk

 

Soos mank wildsbokke het ons daardie oggend langs die oopenjin

van my Opel-motorwrak op die hoek van daai straat in Westdene ons

verbystering aan mekaar toegegee & jy het die afstand tussen ons (h)erken

& het ek toe al geweet dat die vernis op die houtvloere waar ons geslaap

het lankal in die oop lug verdamp het om die vorm van ‘n ander aan te neem?

 

stil soos voëls wat noord migreer en sonder voorafkennis het ek toe gegaan

weg vandaar tussen die bouganvilliahuise en oorgrooterwe en dooie duiwe

& ek het die afstand tussen ons teen die wolkelose lug vrygelaat om met

die onbekendheid van ‘n nuwe asem ander lewe te loop soek

 

& vir nou sal ek in liefde ander rampe verken en die lig soek

ek sal die pad uit hierdie stad bestrooi met al die karkasse van waar ek eens was

en net die lug agterlaat voor ek sweef oor die stukke aarde waar die

jagter my nie meer met voorafkennis oop en veweer laat bloei nie

 

& ek weet nou ons moenie veg teen die gate wat hierdie inborende

staalreën in die wolke en blou blou lug en berge maak nie

& ons moet ons liggame maak in die vorme van Noorse skepe en ons harte

vol seersonsand hou sodat die skalpels van dokters en plastiese chiruge

en akupunktuur dit nooit kan oopvlek soos pers tuinblomme

of vye in die platteland  nie.

 

© Kobus Kotze, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d