Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 February 20222 March 2022

Joan Hambidge. Kiëf

 

Kiëf

 

Daardie stad besoek met jou, ‘n fotograaf

op ‘n reisbesoek van Rusland na die Ukraïne.

Hier verbied die kondukteur jou om foto’s

te neem deur ‘n venster op pad na die grens.

 

‘n Tyd voor die putsch en daarna ‘n uitstalling

van hierdie landskap met foto’s van Ки́їв

se letsels van die WO II opmerklik uitgebeeld

soos my onvermoë om van jou te herstel.

 

Vanoggend kyk ek na afdrukke van die Sint Sofia,

die Marrinski-paleis en die Vryheidsplein

en wonder of jy waar jy tans vertoef, tog onthou

van “Poem through binoculars” se dubbelbeelde:

 

want jou dood se stilte is ónverduurbaar,

terwyl ‘n nuwe oorlog woed: onloënbaar.

 

© Joan Hambidge, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Droom
Joan Hambidge. Pensioenaris →

4e gedagtes oor “Joan Hambidge. Kiëf”

  1. Mellet Moll says:
    3 March 2022 at 13:59

    Baie dankie, Joan, vir die moeite om die gedig te verhelder. Nou verstaan ek die stamboom van die gedig baie beter en herken Eybers se bekende gedig in die intratekstuele verwysing na die “poem through binoculars”:

    “Twee Kleuters im die Vondelpark

    Twee kleuters in die Vondelpark bly staan
    ‘n klein oneindigheid land hand-in-hand.

    Smetloos geteken dryf die dubbelswaan:
    gesplete hart van hals en dubbelhals,
    geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan,
    geslote snawel dynserig vervals
    met eenkant lug en water anderkant.”

    Die titel “Interne verhuising” is hoogs evokatief en aktiveer reeds by my ‘n soort poëtika van ruimte en natuurlik liminaliteit. Ek wonder of die bundel nog beskikbaar is?

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    2 March 2022 at 17:28

    Hierdie gedig is ‘n soort selfgesprek. En ‘n Terug-praat met Eybers en ‘n herinnering aan die werklike reis. Die gespreksgenoot is inmiddels oorlede.

    So aktiveer hierdie oorlog die reis, ‘n terugkeer na Rusland toe en ‘n nuwe “interne verhuising”.

    Poem through binoculars

    Die swaan
    bly dankbaar oor haar dubbelbeeld
    gebuig. Die Russiese landskap
    onnoembaar groot uitgestrek:
    vreemd-melancholies op hierdie aand.

    Die swaan
    word kleiner deur my lens
    soos die trein tussen Moskou en Kiev
    voortsnel. (‘n Toneel uit Dr. Zhivago?)

    Cirillies die taal:
    vreemd dog net-net ontsyferbaar
    soos Rook Verbode
    wyl jy onvermoeid jou foto’s
    in Agfa-kleur direk verpak.

    Die swaan word net betyds in dié strofe opgevang
    voordat die kondukteur op Russies jou verbied
    om enige verdere foto’s
    deur die venster weg te steel.

    Tussen Moskou en Kiev
    is ek nie langer jaloers op die toeganklikheid
    van jou klikkende medium – skryf
    (al bly dit ‘n dubbel(s)lagtige bedryf)
    immers nie hier verbode. (Of hoe dan Pasternak?)

    Die swaan
    bly immers só bewaar.

    (uit: Interne verhuising, 1995).

    Reply
  3. Mellet Moll says:
    28 February 2022 at 13:47

    Hierdie gedig kommunikeer deurlopend op twee vlakke:

    Die spreker word herinner aan die afwesigheid of dood van ‘n reisgenoot deur Kiëf; maar terselfdertyd word die leser gewys op die dreigende oorlogsituasie en die geskiedenis wat homself herhaal.

    Die dubbellensfokalisator van die verkyker dui op die superponering van hierdie twee pynlike beelde. Die slotreël dui op die onversoenbare konvergensie van beide gedagtes.

    Uitstekende gedig!

    Ek vermoed die “poem through binoculars” kan moontlik ‘n verwysing wees na die digter Charles Tomlinson.

    “Binoculars are the last phase in a romanticism:
    The starkly mad vision, not mortal,
    But dangling one in a vicarious, momentary idiocy.

    To dispense with them
    Is to make audible the steady roar of evening,
    Withdrawing in slow ripples if orange,
    Like the retreat of water from sea-caves.”

    Reply
  4. Waldemar Gouws says:
    27 February 2022 at 21:31

    Ek hoop nie ons verwag óf ‘n Uys Krige se “Lied van die fascistiese bomwerpers” óf Breyten Breytenbach se “bid vir Hanoi” op hierdie stadium nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d