Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 March 2022

Nini Bennett. Nefolitos

 

Nefolitos

 

I.

 

Klippe leef stadig

gedagtig aan hul

grootvaders, vulkane

en antieke seebodems.

Miljoene jare se sediment,

die versweë geraamtes

van molluske en korale –

magtige tektoniese kragte in die worp

van kalligrafiese skulpe.

 

Klippe: chronoloë van die aarde,

die pelgrims van veraf berge. Klippe

is die drome van fossiele, soos

koolstof droom om diamant te word.

 

II.

 

Moenie ’n klip omkeer

as jy nie gereed is om

sy bleek diere te aanskou nie.

Miere streep uit

forte en fabrieke, soldate en werkers

monolities ge-bunker

in mos se groen asem.

 

III.

 

Nefolitos – wolkklip. Die Chinese

glo dat klippe soos wolke

morf, aan hul wortels ontruk.

Uiteindelik droom

klippe om katedrale te word,

soos katedrale droom

om wolke te word.

 

© Nini Bennett

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Ars Scientia
Mellet Moll. Gaston Bachelard: In ruimte, tyd en materie →

2e gedagtes oor “Nini Bennett. Nefolitos”

  1. Melodie Labuschaigne says:
    8 March 2022 at 14:55

    Meesterlik!!

    Reply
  2. Francisca du Randt says:
    8 March 2022 at 09:32

    Verruklik!!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Spienekelientjies” (Antjie Krog, Samest.)
  • Elmarie Stofberg. Wensebrief
  • AVBOB Persverklaring
  • Margaret Cordier-Biermann. Vanoggend 3
  • Resensie: “Vryval” (Pieter Hugo)

Nuutste kommentaar

  1. Ronel de Goede Foster on Ronel de Goede. Kremetartboom8 May 2026

    Dankie, Joan Dankie, Bernard Ek waardeer jul kommentaar. Groete Ronel

  2. Bernard Odendaal on Ronel de Goede. Kremetartboom8 May 2026

    Lekker om weer so ‘n knap gedig van jou te lese te kry, Ronel.

  3. Dr PS Swathe on Jeanne Henning Els. Openbaring8 May 2026

    Bietjie voorspelbaar maar dit laat mens ook nogal dink aan die charismatiese kerkbeweging.

  4. Joan Hambidge on Ronel de Goede. Kremetartboom7 May 2026

    'n Komplekse gedig. Gelaai met subtekste (Die kremetartekspedisie, o.a.) en die hele debat oor postkolonialisme. Aangrypend en 'n sterk vers!

  5. Joan Hambidge on Nuwe Bundel. Pieter Hugo: Vryval5 May 2026

    Geluk met hierdie bundel - ek lees dit tans. Die verskillende tegnieke en die toonaard wat wrang-ironies of speels is,…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d