Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 March 2022

Nini Bennett. My Octopus Teacher

 

My Octopus Teacher

 

daar waar die naakslakke blom,

kelpwoude wuif

en jellievisse

se valskerms sweef –

 

daar was jou den

dag 1 het jy jou mantel vir my

geswaai en verander

in ’n altaar

molluske en skulpe

my koppotige geliefde, klein

swendelaar van die see

 

elke dag het ek gaan duik – ’n marienejaar

is lank en ’n seekat se vertroue

broos; ek het jou gesoek in die skemerland deur

koraalriwwe en sponse, seekastaiings

en -sterre, sakpype en pylsterte

 

meer as 300 dae jou

kulkunsies om te oorleef,

aanskou

 

2000 suiers: jou vingers oor my bors,

8 arms wat ’n menselyf omhels

 

en wanneer jy droom, verander jy van kleur

 

laat hulle dit weet,

die anemone en die weekdiere,

die seelelies en die rogge

jy’t vinnig geleef en jonk gesterf jy’t alles

oorleef

maar die volgende siklus

het aangebreek: duisende eiers

en jý, weerloos in jou den –

 

die pajamahaaie het gekom

 

in ’n vorteks visse het jy

verdwyn

 

nou duik ek alleen, maar oral om my

sweef jou gees

koppotig, oergees van die see

 

© Nini Bennett, 2022

 

 

* Na die bekroonde dokumentêre film, My Octopus Teacher (2020).

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. Nefolitos
Nini Bennett. Vulkaanwinter →

2e gedagtes oor “Nini Bennett. My Octopus Teacher”

  1. Rina Cascione says:
    5 December 2025 at 10:14

    ‘n Allerlieflike gedig oor ‘n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

    Reply
  2. Alice Hendriks-Boshoff says:
    12 March 2022 at 16:07

    Nini Bennett, ek is weer eens betower deur die leermeester gesien deur jou oë en meegevoer deur jou woorde. Dankie vir die herbelewenis.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d