Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 March 202219 April 2022

Marieta McGrath. God in ‘n ensiem

 

Foto: Andrew Johnson (Unsplash)

 

 

God in ‘n ensiem

 

My dogtertjie weier

om verbruinde appelskywe te eet.

Jig! sê sy en klem haar arms vas.

 

Sy dink, glo ek,

iets boos het met

die appel gebeur.

 

Sy’s bang vir wat sy nie

verstaan nie.

Bang vir wat sy nie

kan sien nie.

Bang vir dit wat

sonder rede is.

 

Tot ek haar vertel

van oksiderende ensieme.

Sien, daar ís rede.

Dis nie toorkrag nie.

 

Skielik wonder ek:

Praat ek nou teen God,

die wonderwerkende God?

 

Wat’s ‘n chemiese reaksie? vra sy.

Ruk my terug na stoflikheid.

Dit maak alles nuut, sê ek.

Sit net suurstof

by ‘n appel

en maak van ‘n fenol ‘n kinoon.

Maar daarvoor benodig jy ‘n skuiling,

‘n koesterende ruimte téén

invloede van buite.

En dis wat ‘n ensiem is:

‘n katalisator, ‘n helpende hand,

‘n bystander wat deelneem,

chemies verander en tog

onveranderd bly – dis

wat ‘n ensiem is.

 

Maar hoe weet jy ensieme bestaan,

as niemand dit kan sien nie? vra sy.

Want ons sien hoe die appel verbruin.

Daar is uitvloeisel, sigbare vrug.

 

Dis soos God.

Daar is iets van God in ‘n ensiem

en iets van ‘n ensiem in God.

 

©Marieta McGrath, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marieta McGrath. Die skepping van Eva
Marieta McGrath. In ligte sirkels vasgehou →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d