Pirow Bekker is op 9 Desember 1935 in Smithfield gebore. Hy studeer vanaf 1954 in Bloemfontein aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
Pirow Bekker debuteer in Stiebeuel 2 met “Peins oor ’n plakkaat”, ’n gedig wat vroeër in die destydse Standpunte verskyn het en daarna in Groot Verseboek opgeneem is. In dieselfde jaar (1965) verskyn sy eerste digbundel Die klip sing. Daarna volg Toekomstige betrekkinge (1975), Definisies deur die bloed (1978), Eskarp (1987),Rasuur(1993), Stillerlewe (2002) enVan roes en amarant (2008).
Van hom verskyn tussendeur ook ’n sestal kortverhaalbundels en ’n paar romans, novelles en radiodramas. Sy mees onlangse prosawerk is sy Toorop-stories (2005).
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]